Onkoloog se saak uitgestel
Die bekende Windhoekse onkoloog dr. Thomas (Tommy) John Brown van Wyk (44) het gister sy tweede verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak. Die saak is tot 11 April vir verdere ondersoek uitgestel. Van Wyk staar ’n klag van die onwettige besit van wildprodukte in die gesig nadat drie rou olifanttande na bewering in sy besit gevind is. Hy is steeds op borgtog van N$50 000 uit en moet Maandae en Vrydae tussen 08:00 en 17:00 by die polisiekantoor aanmeld. Van Wyk mag nie die Windhoek-distrik sonder die toestemming van die ondersoekbeampte verlaat nie en moes ook sy paspoort inhandig.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie