Onkoloog se borgtogvoorwaardes verslap
Onkoloog se borgtogvoorwaardes verslap

Onkoloog se borgtogvoorwaardes verslap

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die bekende Windhoekse onkoloog, dr. Thomas (Tommy) John Brown van Wyk (44), se borgtogvoorwaardes is gister in die Windhoekse landdroshof verslap.

Hy moet nou slegs Maandae tussen 08:00 en 17:00 by die ondersoekbeampte van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) aanmeld en nie meer tussen Maandae en Vrydae nie.

Die staatsaanklaer me. Precious Matali het gesê die polisieondersoek is nog nie afgehandel nie en drie verklarings is nog uitstaande.

“Die verdediging het gevra borgtogvoorwaardes moet verslap word en dat die beskuldigde slegs op Maandae aanmeld, wat die staat nie teenstaan nie,” het sy gesê.

Landdros Vanessa Stanley het die nuwe borgtogvoorwaardes toegestaan, maar bygevoeg die beskuldigde se paspoort moet steeds in die ondersoekbeampte se besit wees, en Van Wyk mag die Windhoek-distrik nie sonder die ondersoekbeampte se goedkeuring verlaat nie.

Sy het die saak tot 5 Junie vir verdere ondersoek uitgestel, maar het gesê dit is waarskynlik die finale uitstel vir ondersoeke.

'n Klag van die onwettige besit van beheerde wildprodukte staar Van Wyk in die gesig. Hy is op borgtog van N$50 000 vrygelaat.

Op 26 Januarie is drie olifanttande glo by sy huis in Auas View, 'n luukse leefstyllandgoed suid van die hoofstad, gevind.

Die polisie het glo 'n wenk van die publiek ontvang, waarná 'n intelligensie-geleide ondersoek gevolg het en Van Wyk se huis deursoek is.

Hy het homself op 28 Junie saam met sy regsverteenwoordiger, mnr. Evert Gouws, aan die polisie oorhandig.

Die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het bevestig die ivoor is nie ornamenteel nie, maar is rou olifanttande.

Die beskuldigde is 'n geliefde onko­loog verbonde aan die Namibië Onkologiesentrum in die hoofstad.

Hy het mediese geskiedenis gemaak toe hy die eerste stamseloorplanting in Julie verlede jaar in Namibië gedoen het.

Hy besit die enigste laboratorium in Afrika wat deel van die stamselrevolusie is, en het sy opleiding in Amerika ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!