Ongwediva gereed vir 'n eerste in die land

12 September 2019 | Sport
Tielman van Lill - Spar Namibië het vandeesweek aangekondig dat hy op 2 November sy geskiedkundige eerste 10 kilometer Spar Challenge-wedloop van die Oshakati Spar na Ongwediva sal aanbied.

Die byeenkoms word deur Atletiek Namibië asook die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) erken. Spar Namibië het reeds N$100 000 vir die gewilde wedloop op die tafel geplaas.

Die Namibiër Helalia Johannes het vanjaar reeds groot aansien verwerf met die dominerende wyse waarop sy elke 10 km Spar Challenge-wedloop in die Suid-Afrikaanse reeks gewen het. Die heersende Statebond-marathonkampioen sal na verwagting ook op 2 November in Oshakati in die vroue-afdeling aantree.

Johannes was vanjaar 'n sensasie met haar superprestasies deur in Suid-Afrika waar sy elkeen van die vyf byeenkomste agtereenvolgens (Durban, Port Elizabeth, Kaapstad en P­ietermaritzburg) in rekordtye gewen het. Sy het haar laaste wedloop

in Pietermaritzburg met 'n nuwe rekord van 32 minute 23 sekondes afgesluit.

Johannes het te kenne gegee dat sy weens 'n ander verpligting onseker is of sy by die laaste oorblywende Spar-resies in Johannesburg gaan aantree, hoewel dit geen verskil daaraan sal maak dat sy reeds die reekswenner vir 2019 is nie.

Dit sal interessant wees of sy op tuisbodem ook sulke indrukwekkende tye kan opstel. Die Ongwediva-byeenkoms is nie, soos die Suid-Afrikaanse reeks, spesifiek net op vroue gerig nie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Teko-trio loop vry uit

5 ure gelede | Howe

Ronelle RademeyerDie drie vermeende skandeerder-bedrieërs is vry.Die twee Namibiërs en hul Chinese sakevennoot wat 'n dekade gelede in verband met die bedrog­skandaal oor die aankoop...

AR wil land uit Windhoek regeer

5 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) onder sy voorbok, mnr. Job Amupanda, se leiding, wil minstens 50 000 huise bou sodra hy in Windhoek...

Amerika belê groot in nuwe ambassade

5 ure gelede | Internasionaal

Die Amerikaanse regering het byna N$200 miljoen vir sowat ses hektaar grond in Klein Windhoek betaal om hul nuwe ambassade-kompleks te bou. Hier is 'n...

Ligloop vir swendelaars

5 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig'n Reeks video's en tekenprente is gister bekend gestel om bankbedrog te help bekamp.Dit vorm deel van die Vereniging vir Betalings in Namibië (PAN)...

Weer, Donderdag 19 September 2019

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS: Bewolk en koud tot koel met miskolle in die oggend.GETYE...

Amerika koop Metje-erwe vir byna N$200 miljoen

5 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg Die Amerikaanse regering het sowat ses hektaar grond in Klein Windhoek aangeskaf om hul nuwe ambassade-kompleks te bou.Die koopbedrag was byna N$200...

Video’s van NDF-lede verbode

5 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF) te neem...

Gesondheid kry hupstoot

5 ure gelede | Ministeries

Die Ohorongo Otavi-gemeenskapstrust het in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) en Support Ulm e.V ooreengekom om hul samewerkingsooreenkoms vir tegniese...

DNG-president ontvang toekenning

5 ure gelede | Plaaslik

Duitsland se pres. Frank-Walter Steinmeier het mnr. Klaus Hess, president van die Duits-Namibiese Vereniging (DNG) en lid van die Duits-Afrika-stigting, onlangs met ’n verdienste-toekenning vereer....