Ongelukke raak almal
Die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) sê mense van alle ouderdomsgroepe is verlede jaar deur padongelukke in Namibië geraak.
Volgens 'n verklaring word jong volwassenes tussen die ouderdomme van 16 tot 35 jaar die meeste geraak. Dié groep verteenwoordig ook die grootste groep beseerdes asook dié wat gesterf het en wel onderskeidelik 47% en 45%. 'n Totaal van 3 995 padongelukke is in die bogenoemde tydperk aangemeld waarvan voertuie wat gerol het (29%), die meeste was. Dit word gevolg deur voetgangerverwante ongelukke (28%) en botsings (27%).
Die MVAF sê dié donker prentjie versterk 'n dringende beroep wat vanjaar tydens die Nasionale Jeugweek in April gemaak is, om weerlose padgebruikers soos jong bestuurders in te lig oor onverantwoordelike padgebruik wat hulle vatbaar vir ongelukke maak. Jong mense word ook gevra om positiewe gedrag op paaie te openbaar en ambassadeurs te wees.
Die fonds sê voorts in sy verklaring dit het verskeie padveiligheidinisiatiewe geïmplementeer om padgebruikers se veiligheid te verseker. Dit sluit onder meer #ClickForLife, #StandSober, #SlowDown&SaveLives, #RoadSafetyMyResponsibility en #DoTheRightThing in. Die inisiatiewe fokus onder meer op veiligheidsgordels, dronkbestuur, spoed, verantwoordbaarheid en die gehoorsaam van padverkeersreëls in.
Ongelukke kan by die MVAF se reaksienommer van 081 9682 aangemeld word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie