Ongelukke eis 12 lewens

Drie polisiebeamptes, 'n lid van die weermag en 'n baba was van die naweek se slagoffers op paaie.
Tanja Bause
Tanja Bause – Twaalf mense het die afgelopene naweek in drie afsonderlike ongelukke gesterf.

Agt mense het Vrydagmiddag in ’n gru-ongeluk omgekom nadat die twee betrokke voertuie aan die brand geslaan het.

"'n Sedanvoertuig en ’n dubbelkajuitbakkie was in ’n trompop botsing betrokke en beide die voertuie het in vlamme uitgebars," het 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, gesê.

Die ongeluk het Vrydag kort ná 15:00 op die B1-hoofweg tussen Otavi en Otjiwarongo gebeur. Volgens Shikwambi is die liggame van die agt slagoffers - vier kinders en vier volwassenes - onherkenbaar verkool.

"'n Liggaam van 'n baba is onder 'n sitplek van die sedanvoertuig gevind nadat die vlamme geblus is," het Shikwambi gesê.

Die slagoffers se lyke is na die polisielykshuis in Windhoek vervoer vir DNS-toetse om hul identiteit te bepaal.

“Die name van die slagoffers kan nie bekend gemaak word voordat die toetse afgehandel is nie,” het Shikwambi bevestig.

Twee Suid-Afrikaanse burgers - ’n 63-jarige man en 62-jarige vrou - in die dubbelkajuitbakkie met 'n sleepwa het die ongeluk met ligte beserings oorleef.

"Hulle is glo deur verbygangers uit die wrak gered. Die man is in ’n hospitaal in Windhoek vir behandeling opgeneem,” het Shikwambi gesê.

Die familie wat in die sedanvoertuig gereis het, was van Outjo na Tsumeb onderweg toe die ongeluk sowat vyf kilometer noord van Otjiwarongo gebeur het.

Volgens ’n vriendin van een van die oorledenes was die familie op Outjo vir die begrafnis van ’n jonger suster.

“My vriendin, haar kêrel, beide haar ouers en vier kinders - waarvan een ’n twee maande oue baba - was in die voertuig. Hulle het ’n week gelede hul jonger suster op die familiebegraafplaas op Outjo begrawe en was op pad terug na hul huis op Tsumeb toe die ongeluk hul lewe geëis het,” het sy gesê.

"My vriendin was ’n lid van die Namibiese weermag (NDF)," het sy gesê.

POLISIEBEAMPTES STERF

In nóg ’n ongeluk die naweek is twee polisiebeamptes Saterdag op die toneel dood nadat 'n minibus waarin hulle gereis het, omgeslaan het.

Die ongeluk het om 19:00 op die B2-pad van Kalkfeld af sowat 25 km voor Omaruru gebeur.

Die minibus het 12 polisiebeamptes en 'n bestuurder aan boord gehad. Nog ’n beampte het later weens sy beserings in die staatshospitaal op Omaruru gesterf.

Volgens Shikwambi het die linkeragterband van die minibus gebars en die 38-jarige bestuurder het beheer oor die voertuig verloor waarna dit omgeslaan het. Die beamptes het van Kamanjab in die Kunenestreek gereis waar hulle opleiding ontvang het.

Die oorledenes is sersante Paulina Haufiku (40), Paulus Likuwa (34) en Allan Hoebeb (42).

GRONDPAD EIS LEWE

Op die C14-grondpad tussen Walvisbaai en Solitaire het ’n voertuig omgeslaan wat die lewe van een insittende geëis het.

Die ongeluk het laat Saterdagnamiddag sowat 85 kilometer buite Walvisbaai gebeur. Een van die insittendes, mnr. Jeremia Hoeb, is op die toneel dood, het die Erongostreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Erastus Iikuyu, gesê.

"Drie ander insittendes (tussen 21 en 29 jaar oud) is met beserings in die staatshospitaal van Walvisbaai opgeneem. Twee van die beseerdes is gister Windhoek toe vervoer weens die erns van hul beserings."

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.10/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.46/lb UP +1.03% | Zinc US$ 2 856.40/T UP 1.22% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 930.59/OZ DOWN -0.006