Ongelukke, dodetal op paaie neem af

Ondanks ‘n afname sover in padongelukke tydens die vakansieseisoen, bly die aantal mense wat op paaie omkom steeds kommerwekkend hoog.
Estelle de Bruyn
Sedert die Namibiese polisie se padverkeersveldtog op 22 November laasjaar begin het, is minder ongelukke, besering en sterftes as in die ooreenstemmende tyd in 2015 aangemeld.

Volgens ‘n verklaring van die polisie is vanaf 22 November tot 26 Desember 2016 altesaam 398 ongelukke in vergelyking met 455 in die ooreenstemmende tyd die vorige jaar aangemeld. Altesaam 741 mense teenoor 908 is in dié tyd beseer en 65 mense is dood teenoor die 80 van 2015.

Die meeste ongelukke, 32 persent, het in die Khomasstreek voorgekom (132). Dit is nege persent minder as die 144 ongelukke wat in 2015 in dieselfde tyd voorgekom het. Zambezi se paaie was die veiligste, met net drie ongelukke teenoor die sewe in die ooreenstemmende tyd in 2015.

Die meeste sterftes het ook in Khomas voorgekom, waar 13 mense in dié tyd in padongelukke dood is. Dit is aansienlik meer as die ses sterftes in dieselfde tyd in 2015.

In 142 gevalle van ongelukke landwyd het voertuie omgeslaan, 109 was in botsings betrokke, 68 voetgangers is raakgery, fietsryers was in 14 gevalle betrokke, diere is in 15 ongelukke as die oorsaak daarvan aangevoer en in 11 gevalle is teen ‘n stilstaande voorwerp gebots.

Ses gevalle is aangemeld waar voertuie die pad byster geraak het. Ander onbekende redes was vir die res van die ongelukke verantwoordelik, sê die polisie.

Die polisie het in die tyd 85 653 voertuie gestop, 19 545 motorbestuurders vir dronkbestuur getoets, 12 465 padwaardigheidstoetse uitgevoer en 198 mense in verband met verkeersoortredings aangekeer.

In die //Karasstreek is die meeste mense (25) vir die bestuur van ‘n voertuig onder die invloed van drank in hegtenis geneem.

Altesaam 1 081 mense is vir spoedoortredings aangekeer en boetes ter waarde van N$1 325 637 is gegee; 1 092 mense vir oortredings met rybewyse; 42 vir onpadwaardige voertuie, 612 vir motorryers wat nie hul veiligheidsgordels gedra het nie; 341 vir motorvoertuiglisensies wat verval het; 163 vir oorlaaide voertuie, 58 vir onbedagsame padgebruik en 95 vir die onwettige gebruik van ‘n selfoon.

Die adjunkinspekteur-generaal: operasies van die Namibiese polisie, genl.maj. James Tjivikua, sê ondanks ‘n afname in ongelukke, beserings en sterftes, bly die groot lewensverlies vanweë ongelukke ‘n bron van groot kommer.

“Met die volle samewerking van die publiek kan ons ‘n betekenisvolle verskil in hierdie verband maak. Ek versoek dus opnuut alle padgebruikers om gehoor te gee aan die padreëls en -regulasies,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Die afgelope naweek

Nampa berig dat ‘n Kongolese man Vrydag in ‘n botsing op die Otjiwarongo-Outjo-pad dood is.

Die sedanvoertuig waarin hy op reis was, was betrokke in ‘n trompop botsing met ‘n ander voertuig waarin twee Suid-Afrikaanse burgers gereis het wat met vakansie in Namibië was.

Volgens die polisie in Otjizondjupa is die oorledene geïdentifiseer as Josue Ntambwe Kabongo, oorspronklik van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) afkomstig.

Die ongeluk het omstreeks 17:30 plaasgevind.

Die Suid-Afrikaanse egpaar is vir ligte tot ernstige beserings in die Otjiwarongo-staatshospitaal behandel.

In ‘n afsonderlike voorval het die 29-jarige Angelina Kaunapawa omgekom nadat die sedanmotor waarmee sy gery het op die Otavi-Kombat-pad omgeslaan het. Die voertuig het ses insittendes gehad, insluitende die 38-jarige motorbestuurder, wat na bewering beheer oor die voertuig verloor het. Die bestuurder en vier ander insittendes is beseer en is na die hospitaal op Tsumeb vir mediese behandeling geneem.

Die polisie het in albei gevalle sake van strafbare manslag geopen.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%