Ongeluk skok motorfietsgemeenskap
Mariselle Stofberg - Die motorfietsgemeenskap is geskok oor mnr. Wickus Ras (32) se skielik dood Woensdagaand ná ’n motorfietsongeluk in Kleine Kuppe in die hoofstad.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder van die Namibiese polisie, het bevestig die ongeluk het omstreeks om 20:02 op die hoek van Kleine Kuppeweg en Guinasstraat plaasgevind.
“Ras het glo in Kleine Kuppeweg gery en vir ’n aankomende voertuig uitgeswaai, wat wou afdraai. Hy het toe oënskynlik beheer oor die motorfiets verloor en het in 'n ander voertuig vasgery,” het Shikwambi gesê.
Volgens haar is die oorledene op slag dood, maar vriende van Ras sê hy het op pad na die Lady Pohamba Private Hospitaal gesterf.
Mnr. Johan Badenhorst en sy gesin was in die voertuig waarin Ras vasgery het.
“Die motorfiets het teen ’n geweldige spoed gery en daarná uitgeswaai vir die voertuig wat wou afdraai, waarna hy in ons vasgery het. Ek en my gesin is gelukkig ongedeerd,” het Bronkhorst gesê.
Ras se vriende en familie is erg geskok oor die voorval.
Me. Carla Rattay, Ras se vriendin, het op haar Facebook-blad geskryf: “My grootste vrees het waar geword toe ek jou verloor het. Jy het die mooiste siel gehad, en ek gaan jou verskriklik mis.”
Mnr. Diwie De Wet, een van Ras se goeie vriende, was hartgebroke oor die heengaan van sy vriend wat so lief was vir sy motorfiets.
“Hy was ’n biker brother, ’n vriend duisend, en was altyd daar vir sy vriende, maak nie saak wat nie. Hy was ’n wonderlike pa vir sy dogtertjie en sou enige iets vir haar doen,” het hy gesê.
Vriende en familie het Vrydagaand Ras se lewe in Windhoek gevier.
Sy pa, mnr. Nicky Ras, het Vrydag gesê sy seun se begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.
Ras word buiten sy pa, ook deur sy ma, Ronel, broer, Nicky jr., en sy sewejarige dogtertjie Izemé oorleef.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie