Ongeluk naby Unam briek oggendverkeer
Verkeer is vanoggend in die omgewing van die Universiteit van Namibië ontwrig toe 'n vragmotor en 'n minibus mekaar skuins van voor getref het.
Windhoek se stadspolisie was tot onlangs nog om die toneel om die ongeluk te ondersoek.
Volgens konst. Kartina Nomboga het die ongeluk omstreeks agtuur tydens spitsverkeer plaasgevind.
Accidents in Namibia het op sy Facebook-blad berig dit wil voorkom of die ongeluk 'n lewe of lewens geëis het. Dit kon nie deur Namboga bevestig word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie