Ongeluk in Noorde eis vyf lewens
'n 13-jarige seun is een van die slagoffers van talle ongelukke die naweek.
Vyf mense het Vrydag in ’n kop-teen-kop-botsing by Oshikuyu op die Oshakati-Omungwelume-pad gesterf Vrydag.
Drie passasiers is in 'n kritieke toestand in die Oshikati-staatshospitaal opgeneem.
'n Woordvoerder van die Namibiese polisie in die Omusatistreek, sersant Anna Kunga, het Saterdag aan Nampa gesê die ongeluk het omstreeks middernag plaasgevind. het.
Twee voertuie, ’n Volkswagen Polo met twee insittendes en ’n Toyota met ses, was in die ongeluk betrokke.
Twee van die oorledenes was broers, die 35-jarige mnr. Amadus Thomas (bestuurder van die Volkswagen) en mnr. Herman Muhongo.
Die ander oorledenes is die 35-jarige mnr. Ruben Immanuel van die Omusatistreek en mee. Julia Amadhila (35) en Ottilie Mumbala (28), albei van Omungwelume in die Ohangwenastreek. Hul naasbestaandes is van hul dood ingelig.
In die Oshikotostreek het 'n 13-jarige seun Vrydagmiddag gesterf nadat die vragmotor wat hy bestuur het, die pad tussen Tsumeb en Tsintsabis verlaat en omgeslaan het.
Volgens inligting wat die Oshikotostreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adjunk-hoofinspekteur Edna Nawa, verskaf het, was daar twee passasiers (onderskeidelik 48 en 50 jaar oud) in die voertuig. Albei het ernstige beserings opgedoen en is in die Tsumeb-staatshospitaal opgeneem.
Die ongeluk het 45 km buite Tsumeb plaasgevind en die oorledene is as Jasper Jacobus Coetzee geïdentifiseer.
Intussen is die liggaam van die 23-jarige Mateus Tuningeni Kahenge Vrydag in ’n boom by Okahenge Village in die Oshikotostreek gevind waar hy homself opgehang het. Sy negejarige neef het omstreeks 07:00 op sy lyk afgekom. Geen selfmoordbrief is gevind nie.
Sy naasbestaandes is ingelig en die polisieondersoeke duur voort. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie