Ongandjera-gemeenskap skiet leeu

Die ministerie van die omgewing en toerisme het personeel in probleemgebiede ontplooi.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Mens-dier-konflik woed in die Omusatistreek voort.
Gemeenskapslede van Ongandjera het een van vier leeus geskiet wat hul beeste by Omusati gwaShiningu sedert April gevang het.
Hulle het op 11 Mei vier leeus opgespoor en een geskiet. Die ander drie het weggekom.
Intussen het die ministerie van die omgewing en toerisme 'n beroep op boere gedoen om nie hul lewens te waag om leeus te skiet nie.
Mnr. Mathias Namupala het Donderdagmiddag die leeu met 'n 375-jaggeweer geskiet waar hy in die dik gras naby die veepos in die Omusati gwaShiningu-gebied gelê het.
Lede van die gemeenskap het die leeus begin volg ná agt beeste by verskillende veeposte in die gebied sedert die vorige dag gevang is.
Mnre. Andreas Ndakukamo en Petrus Shapumba het gesê die leeus het vier van elkeen se beeste gevang.
“Sedert 1999 het leeus baie van my beeste gevang,” het Ndakukamo gesê en bygevoeg dat hy 18 beeste die afgelope paar jaar verloor het.
Die Ongandjera-gemeenskap sê die leeus ontsnap uit die Etosha Nasionale Park, terwyl amptenare van die ministerie van die omgewing en toerisme glo sê dit is onmoontlik om hulle na die park terug te dryf. Twee leeus is verlede maand in dieselfde gebied geskiet nadat hulle beeste gevang het.
Ongandjera-tradisie vereis dat die karkas van 'n leeu na die paleis geneem word, dus het die Omusati gwaShiningu-gemeenskap op 12 Mei die karkas van die leeu na die paleis by die Uukwandongo-nedersetting geneem.
Intussen ervaar die inwoners van die Amaupa-nedersetting by Uukwaluudhi in die Omusatistreek ook ernstige mens-dier-konflik ná sowat 20 olifante hul gewasse die afgelope maand vernietig het.
MINISTERIE REAGEER
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het op navraag gesê die ministerie is bewus van die leeusituasie in die gebiede noord van Etosha.
"Ek verstaan dat hierdie leeus geskiet is nadat beeste van nabygeleë plase gevang is. Dit is 'n ongelukkige situasie wat die ministerie betreur," het Muyunda gesê.
Hy sê die ministerie het personeel ontplooi om die leeus te soek.
"Leeus breek gewoonlik hierdie tyd van die jaar uit die park uit weens gebiedsgevegte en dit is paarseisoen. Daar word verwag dat die uitgewekenes probleme sal veroorsaak," het Muyunda gesê. Hy sê die leeus breek elke nag uit die park uit om beeste te vang en gaan dan terug, wat dit moeilik maak vir die spoornsyers om hulle op te spoor.
"Volgens inligting is drie leeus deur boere geskiet. Daar was 'n trop van ses leeus waarvan drie geskiet is en drie oorbly. Die ministerie moedig boere aan om nie hul lewens op die spel te plaas om hierdie gevaarlike roofdiere te jag nie," het Muyunda gewaarsku.
Hy sê die ministerie se veearts is ook saam met die spoorsnyspan in die gebied en oorweeg die moontlikheid om die leeus met pylgewere te verdoof.
"As dit 'n probleem is, sal die ministerie nie 'n ander keuse hê as om van die leeus van kant te maak om die res skrik te maak nie," het Muyunda gesê.
Hy sê personeellede is in die gebied ontplooi, maar die dik bosse maak dit moeilik om hulle raak te sien. "Die ministerie is bewus daarvan dat die leeus 'n risiko vir menselewens inhou en ons doen 'n beroep op inwoners van hierdie gebied om waaksaam en versigtig te wees. Die ministerie werk hard om die kwessie onder beheer te kry."
Muyunda sê nóg 'n trop leeus het uit Etosha aan Oshivelo se kant ontsnap en spanne is ontplooi om ondersoek in te stel.
Soos met die gevalle van olifante wat amok in die noordelike gebiede maak, doen die ministerie 'n ernstige beroep op gemeenskappe om nie reg in eie hande te neem nie en met ontplooide amptenare saam te werk. - Nampa en eie berig

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.04/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0007 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 901.49/OZ UP +0.74% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.04/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0007 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 901.49/OZ UP +0.74%