‘Onekonomiese skole’ striem onderrig
Sewe-en-vyftig skole met ‘n totaal van 1 036 leerlinge in die Kavango-Oos-streek is deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur as ‘onekonomiese’ skole verklaar.
Die meeste van die skole moet sonder die vereiste basiese infrastruktuur klaarkom en onderrig vind soos in die geval van die primêre skool Shinungu sowat 120 km oos van Rundu in ‘n vervalle hut plaas. Die skool wat in 1992 gestig is, bied onderrig aan 68 studente en het net twee onderwysers.
In 2018 wou die direktoraat vir onderwys in die streek skole sluit wat in die eonekomiese klas val, maar die besluit is later herroep. Sowat 385 klaskamers is in die streek nodig om in die huidige vraag na klaskamers te voldoen. Skole in die streek word ook deur oorvol klasse gekenmerk. ‘n Voorbeeld is die gekombineerde skool Ndama wat ‘n totaal van 2 247 leerlinge van graad 4 tot 9 het en klasse tot 55 leerlinge op ‘n slag moet huisves. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie