Onderwysposte op sosiale media vals
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het die bestaan van 'n onderwysvakaturelys vir 2018 ontken wat op sosiale media versprei word.
Me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris, het in 'n mediaverklaring gesê dié inligting, wat deur onbekendes versprei word, is vals en is nooit deur mnr. George Simataa, kabinetsekretaris, goedgekeur nie.
"In die lig van die bogenoemde valse lys wat tans op sosiale media versprei word, versoek die onderwysdepartement al die belanghebbendes in die onderwys om die betrokke lys te ignoreer," het sy gesê.
Volgens Steenkamp is die onderwysdepartement besig om die betrokke owerhede te nader vir die goedkeuring en bekendstelling van 'n vakaturelys vir 2018.
"Ons het begrip vir die belangstelling en angs wat die oënskynlike nagemaakte lys veroorsaak het," het sy gesê.
Steenkamp het voorts gesê die ministerie verseker alle belanghebbendes dat die goedgekeurde vakaturelys vir 2018 binnekort uitgereik sal word en landswyd versprei sal word.
Volgens Steenkamp bevat die dokument van 133 bladsye al die oënskynlik vakante onderrigposte in al 14 streke vir 2018.
Dit bevat onder meer posbeskrywings, salarisskale, die name van skole waar onderwysers benodig word, die aantal onderwysers wat benodig word, kategorieë vir minimum vereistes en kriteria vir prestasie.- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie