Onderwysminister lê septer in
Die nuwe minister van onderwys het ministeriële personeel oor haar regrukplanne vir haar ampstermyn toegespreek.
Elvira Hattingh - Die optimale benutting van hulpbronne vir interne doeltreffendheid sal haar fokus vir die onderwysministerie oor die volgende vyf haar wees.
Só sê me. Anna Nghipondoka, minister van onderwys, kuns en kultuur, wat Vrydagoggend die ministeriële personeel vir die eerste keer sedert haar ampstermyn begin het, amptelik oor haar planne vir haar dienstermyn toegespreek het.
Dit kom kort voor skole geleidelik weer tydens die Covid-19-inperking gaan begin open.
Sy het personeel onder meer oor die vingers getik oor hul laatkommery vir werk, hoë munisipale rekeninge en ’n gesloerdery om hul werk af te handel.
“Ek is gewoonlik reeds 08:00 hier en as ek deur die gange loop is tot 90% van die kantore steeds gesluit. Die redes is gewoonlik ‘verkeer’ of dat kinders by skool afgelaai moet word.
“Julle word betaal om stiptelik om 08:00 op kantoor te wees en eers 17:00 huis toe te gaan. En om stiptelik 13:00 op ete te gaan en 14:00 terug te wees. Kom ons bestuur ons tyd!” het sy gesê.
BESTEDING
Nghipondoka het ook die septer ingelê oor geldbesteding.
“Daar kan nie langer dienste aangekoop word sonder ‘n behoorlike oorweging van pryse nie. Ek is jammer om te sê dit word dikwels deur interne korruptes aangevuur waar personeel hulself en hul vriende bevoordeel.
“Dit moet stop.
“Dit is hoogtyd dat ons ook meer oor pryse onderhandel. Die regering het ‘n kontantkoei vir vele diensverskaffers geword. Ek soek ‘n omkeerstrategie waar ons kantore soos ‘n besigheid bestuur word,” het sy gesê.
Nghipondoka verwag dat hulpbronne spaarsamig gebruik word, wat behels daar moet op munisipale rekeninge en doellose reise bespaar word.
“Hoekom het ons sulke hoë munisipale rekeninge? Is dit werklik ons rekening en indien wel, is dit tyd om vas te stel hoe ons die ligte kan aanhou sonder om te veel elektrisiteit te gebruik.
“Hoe kan ons rekeninge vir elektrisiteit en water verminder? Daar is baie wat gedoen kan word!”
Nghipondoka het gesê daar sal doelgerig gereis word en personeel moet elke keer verslae en uitvoerbare aksieplanne van reise af terugbring.
DIENSLEWERING
Nghipondoka het gesê daar moet weggedoen word met tydvermorsing in die afhandeling van take en daar erns gemaak word met die bywoning van vergaderings. Sy verwag doeltreffende dienslewering.
“’n Mens is net doeltreffend waar teikens bereik word. Daar moet dus duidelikheid wees oor wat ons teikens is.
“Ek glo doeltreffendheid begin met geteikende en ingeligte beplanning. Dit lei tot die gefokusde toepassing van programme,” het Nghipondoka gesê.
“Dit kom daarop neer om verantwoordelik en verantwoordbaar te wees, duidelike kommunikasiekanale, spanwerk en om doelgerigte vergaderings te hou,” het sy gesê.
Sy het ook gesê sy sal nie rassisme duld nie en dat die personeel een span is. Sy het gesê die ministerie moet voortbou op gesonde verhoudings met hul onderskeie belangegroepe. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie