Onderwysman Appie du Plooy mu00f4re gegroet
Onderwysman Appie du Plooy mu00f4re gegroet

Onderwysman Appie du Plooy môre gegroet

Namibië verloor geliefde in onderwys- en sendingkringe.
Ronelle Rademeyer
’n Troosdiens word môre gehou vir die familie, vriende en kennisse van die geliefde onderwysman en oudskoolhoof, mnr. Appie du Plooy (80).

Hy het Donderdag in Windhoek die stryd teen kanker verloor.

Hy het tydens sy loopbaan van 36 jaar in die onderwys ’n reuse-insette in die lewe van talle kinders gelewer.

Ná sy aftrede in 1996 het hy sy dienende rol voortgesit en deur middel van sy betrokkendheid by die Namibiese Bybelgenootskap, die Namibiese Sendingsentrum en die Life Change Centre steeds mense se lewe verryk.

Hy was die oudste seun van vier kinders en is op die familieplaas, Nukois, in die Suide gebore. Sy skoolloopbaan het hy op Karasburg begin en het later op Kakamas gematrikuleer waarna hy aan die Universiteit Stellenbosch die graad B.Comm behaal het. Nadat hy ook ’n onderwysdiploma verwerf het, begin hy sy onderwysloopbaan op Citrusdal en hou later ook in Oos-Londen skool.

Hy het sy vrou, Frina (’n nooi Wasserfall van die buurplaas waar hy grootgeword het), keer in 1967 na hul geboorteland terug waar hulle op Mariental vestig en hy sy reis in die Namibiese onderwys begin.

Hy was vir tien jaar lank die inwonende koshuishoof van die meisieskoshuis op Mariental en het van 1980 tot 1983 ook as skoolhoof diens gedoen.

In 1994 trek die Du Plooys Windhoek toe nadat hy as skoolhoof by Academia Hoërskool aangestel is.

“Hy sal onthou word vir 36 jaar se ongelooflike bydrae in talle kinders en volwassens se lewens. Sy betrokkenheid was op die gebiede van die akademie, sport, kultuur asook die gemeenskapslewe,” sê sy seun, Abrie.

Hy sê sy pa het ná sy aftrede in 1996 nie stilgesit nie, maar by geestelike bediening en versorging betrokke gebly. “Sy voete van bereidwilligheid het hom gelei om aktief betrokke te wees by die Bybelgenootskap, Sendingsentrum en Life Change Centre.”

Hy laat benewens sy vrou en vir Abrie, ook sy seun Niel, sy skoondogters en kleinkinders agter. Die Du Plooys se oudste seun, Pieter (Piet), ’n bekende in Namibiese sportkringe, is ’n paar jaar gelede ná ’n kort siekbed oorlede.

Die troosdiens vind môre om 10:00 in die Gereformeerde Kerk se Windhoek-Suid-gemeente plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!