Onderwys: tyd vir uithaal en wys
Onderwys: tyd vir uithaal en wys

Onderwys: tyd vir uithaal en wys

Dani Booysen
Baie in die onderwys, ouers en kinders slaak 'n sug van verligting oor die besluit om skole vroeër as Augustus te heropen.

Dieselfde hoort vir tersiêre onderrig te geld.

Wanneer skole weer volstoom aan die gang is, sal dit ook ander bedrywe help stimuleer.

Die terugfasering van “normale” skoling in graadgroepe lyk goed deurdag. Tog sal 'n groot groep eers laat in Julie weer klas loop.

Alle vennote verdien krediet vir die wyse waarop aanlyn-, afstands- en tuisonderrig die afgelope weke gestimuleer is. Dit is 'n fondament waarop ons moet voortbou eerder as om dit aan verval uit te lewer. Tog is beperkinge van die metodes 'n uitgemaakte saak in Namibiese konteks.

Almal moet hul staal vir 'n langer skooljaar en ekstra ure. Dié prys is egter beter as om die skoolkalendar vir altyd dramaties te wysig. Nasorgwerk sal vroeg in 2021 beslis steeds nodig wees.

Graad 12's sal as skoolverlaters ekstra bystand benodig. Met eksterne eksamens wat die eerste keer vanjaar op gewone vlak in graad 11 plaasvind, sal ook die groep spesiale aandag verg. Owerhede moet gou oor die impak op eksamens besonderhede verstrek.

Skoolgaan sal beslis nie die gewone “normaal” wees nie. Dieselfde soos in ander lewensfasette.

In die komende weke sal baie harde werk nodig wees om te verseker die heropeningskedule loop vlot en gesondheidsvereistes word nagekom. Onderwys sal hiervoor steeds almal se hulp benodig.

Dis tyd vir uithaal en wys.



So sê ander

18 Mei 2020



D66 is nu haatobject voor populistische kiezers



Kankerhomo. Achterlijke flikker.?Het zijn zo maar een paar kwalificaties die D66-leider Rob Jetten vrijwel dagelijks krijgt toegestuurd.

Op de Internationale Dag tegen de Homofobie bracht Jetten een korte bloemlezing uit zulke haatmail.

Volgens internationaal onderzoek behoort Nederland tot de landen waar homoseksualiteit het meest geaccepteerd is. Dat neemt niet weg dat er wel degelijk reden tot zorg is. Lhbt'ers ­rapporteren zelf dat Nederland minder tolerant wordt.

Goed onderzoek naar deze materie is helaas schaars. Een veel geciteerd onderzoek stamt alweer uit 2009. Toen bleek geweld tegen homo's ook geen monopolie van minderheden.

De haatmail die Rob Jetten ontving, was niet afkomstig van mensen met een migratieachtergrond, maar van populistische nationalisten. In een tijd waarin culturele vraagstukken het politieke debat domineren, is D66 een haatobject voor populistische kiezers geworden. De partij staat voor alles wat zij verafschuwen: kosmopolitisme, multiculturalisme, liberalisme.

In een gepolariseerd land ontaarden politieke meningsverschillen te vaak in ordinaire scheldpartijen via sociale media. De tirades aan het adres van?Rob Jetten getuigen dan ook niet alleen van homofobie, maar ook van een elementair gebrek aan beschaving bij sommige Nederlanders, zichtbaar gemaakt door sociale media.

• DE VOLKSKRANT

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!