Onderwys: Taai tye, pynlike besluite vir nuwe jaar
Van skooltoelaes tot voedingsprogramme moes ingekort word om die ministerie van onderwys, kuns en kultuur kop bo water te laat hou.
Henriette Lamprecht - Besnoeiings in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se begroting, en vakante poste wat weens 'n gebrek aan geld nie gevul kan word nie, het gemaak dat verskeie programme stadig - of glad nie - op dreef kom.
Ook is die vooruitgang van kapitale projekte 'n reusekopseer, terwyl die behoefte vir die uitbreiding van bestaande infrastruktuur sowel as die konstruksie van nuwe geriewe bly toeneem.
Volgens die minister, me. Katrina Hanse-Himarwa, is die reaksie en samewerking met kernrolspelers soos streeksrade en die ministerie van werke en vervoer in dié verband “wankelrig”.
Hanse-Himarwa het met haar jaarlikse vergadering met personeel gemaan die bestuur van kapitale projekte moet meer vaartbelyn gemaak word, in 'n poging om die ministerie se huidige prestasies ten op sigte van onderrig te verbeter.
Tydens haar terugblik op die huidige boekjaar het sy dit as “moeilik” beskryf. Onderwys se begroting is aansienlik besnoei, en die ministerie moes gevolglik “pynlike besluite” neem om op sekere plekke te besnoei of heeltemal te stop. Dit het skooltoelaes asook voedingsprogramme by skole en koshuise ingesluit, om kop bo water te hou.
Volgens Hanse-Himarwa het dit te verstane tot openbare verset gelei.
“Ons fiskus is steeds onder druk, tog gebruik personeel die besnoeiings as rede vir wanprestasie.”
Sy het gemaan sommige personeel wil net op hul regte staatmaak, sonder om hul verantwoordelikhede na te kom.
Die minister het 'n beroep op bestuurders en toesighouers gedoen om “laksheid”, “immorele optrede” en onverantwoordbaarheid te verdoem en aan te meld.
Met verwysing na spookonderwysers het Hanse-Himarwa gesê ondersoeke in dié verband en het nou na ander streke uitgebrei.
Die land se swak nasionale uitslae is egter steeds 'n klip in die minister se skoen.
“Wanneer ons kinders foute maak, trek ons nie die leisels met woord en daad stywer nie? Dit is omdat ons strenger raak en dinge in die regte rigting wil stuur. Ek hoop dit laat ons dink oor die beste manier om dinge anders te doen om die verwagte uitkoms te verseker.”
Hanse-Himarwa wil op 'n spesiale vergadering met streeksdirekteure, skoolhoofde en inspekteurs voor einde Februarie dié tekortkominge takel.
Met verwysing na die leerplan het sy gesê die hersiende sillabusse vir die senior sekondêre fase sal vanaf aanstaande jaar geïmplementeer word.
“Die herhaling van grade, skoolverlaters en swak werksetiek gaan egter voortgaan om, indien dit nie getakel word nie, dit negatief te beïnvloed.”
Die desentralisering van funksies na dié van streeksrade en sal volgens haar beter uitslae tot gevolg hê.
“Die administratiewe funksies van die administrasie van menslike hulpbronne, finansies en geriewe sal deur tegniese personeel hanteer word wat onder die direktorate van streeksrade geplaas word.”
Volgens die minister bly die afwesigheid van 'n omvattende bateregister 'n kopseer en is so 'n register van vaste bates vir die komende boekjaar 'n moet.
Sy het egter kommer uitgespreek oor die “uiters swak” prestasie in die bestuur van kapitale projekte.
“Projekbestuurders en afdelingshoofde moet die lewering van fisieke geriewe vir onderrig betyds en doeltreffend bestuur om 'n positiewe omgewing vir onderrig te verseker.”
Hanse-Himarwa was ook nie tevrede met die stadige vooruitgang wat gemaak is met die volle implementering van die Prestasiebestuurstelsel (PMS) nie.
“Die meerderheid van personeel het dit nie onderteken nie, terwyl ander misluk het om die sistematiese oorsig hiervan te verseker.”
Sy het voorts gesê basiese onderrig moet beide onderwyser en leerling vaardighede in wiskunde, biologie en landbou verseker, gebiede waar nasionale doelwitte nie behaal word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie