Onderwys spring om water en ligte aan te hou

'Ontydige' aksie in skole-eksamen

08 November 2018 | Plaaslik
Elvira Hattingh



Teen Vrydag behoort die Windhoekse munisipaliteit 'n betaling te ontvang op 'n aansienlike bedrag wat die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in die Khomasstreek aan hulle verskuldig is.

Dit moet vir eers keer dat die munisipaliteit Windhoek-skole se water- en elektrisiteitstoevoer weens 'n agterstallige rekening afsny - terwyl skoliere besig is om hul jaareindeksamens af te lê.

Die direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, het gister aan Republikein bevestig die elektroniese oorbetaling van geld na die Windhoekse munisipaliteit word tans verwerk en behoort teen môre afgehandel te wees.

“Drie skole het tot dusver gebel en gesê hulle het kennisgewings vir die afsluiting van hul dienste ontvang. Die skole is die Sekondêre Skool Academia, Windhoek Hoërskool (WHS) en Concordia College,” het Vries gesê. Volgens hom het die munisipaliteit nog nie die dienste by skole afgesny nie.

“'n Brief is aan die munisipaliteit gestuur om te vra dat hulle eers moet wag met die afsny van die dienste by verskeie primêre en sekondêre skole,” het Vries gesê.

Vries sê die besluit om nóu openbare skole se water en elektrisiteit af te sny, kom op 'n “ontydige tyd” terwyl kinders in die Khomasstreek besig is met hul graad 9 nasionale semi-­eksterne eksamens, asook met graad 8 en 11 se Khomas-streekeksamen. “Die graad 7 Khomas-streek­eksamens moet op Maandag 12 November begin,” het hy gesê.

Vries wou nie bekend maak hoeveel geld aan die Windhoekse munisipaliteit vir water en elektrisiteit geskuld word nie. Hy het gesê dit hou verband met kliëntevertroulikheid. “Die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in die Khomasstreek skuld die Windhoekse munisipaliteit 'n aansienlike bedrag vir water en elektrisiteit,” is al wat hy gesê het.

Ondanks gerugte dat sowat N$15 miljoen vir eers aan die munisipaliteit oorbetaal sou word, het Vries gesê daar moet eers “formeel” op die presiese bedrag besluit word, waarna dit moontlik aan die media bekend gemaak sal word.

Op die vraag oor hoe die skuld afbetaal kan word en hoekom dit toegelaat is om so te vermeerder, het Vries gesê die terugbetalingskedule aan die munisipaliteit word bepaal deur die vrystelling van betalings deur die ministerie van finansies na die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en daarna na die Khomas-streeksraad - wanneer die geld beskikbaar raak.

Hy het bygevoeg sodra sy direktoraat geld ontvang, word dit binne drie tot vyf dae aan krediteure uitbetaal.

Die ministerie se totale begroting vir munisipale dienste vir die huidige boekjaar is sowat N$27,1 miljoen. Dié begroting is nie tydens die halfjaarhersiening vermeerder nie.

Begrotingsdokumente dui aan die totale bedrag wat die ministerie op munisipale rekeninge bestee, is minder as waarvoor begroot word.

In 2016-'17 is daar in totaal N$22,5 miljoen vir munisipale rekeninge begroot. Daarvan is slegs sowat N$17,2 miljoen of 76% bestee. Vir 2017-'18 is 'n totaal van N$19,01 miljoen vir die ministerie se munisipale dienste begroot. Die werklike besteding was N$15,6 miljoen of 82% van die begroting.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

3 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

3 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

4 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

15 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

15 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

15 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

15 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...