Onderwys se Oom Boet groet
Onderwys se Oom Boet groet

Onderwys se Oom Boet groet

Mnr. Elias Albertus van Rooyen, beter bekend as Boet, 'n man wat homself vir meer as drie dekades aan die onderwys gewy het, is op 14 Julie ná ‘n kort siekbed oorlede.
Hy was 83 jaar oud.
Van Rooyen is in 1934 op Vioolsdrift gebore.
In 1954 voltooi hy die primêre onderwyssertifikaat aan die Graaff-Reinetse Onderwyskollege en behaal die volgende jaar ‘n diploma in liggaamlike opvoeding aan die Paarlse Opleidingskollege.
Van 1956 af word hy by verskeie skole in die destydse Suidwes-Afrika aangestel, insluitende op Walvisbaai, Noordoewer, in Windhoek, op Okahandja, Keetmanshoop, Outjo en Uis.
In 1969 open hy Laerskool Hoeksteen op Rosh Pinah.
Die laaste onderwysskof stap hy saam met sy vrou, Minnie, by Laerskool Kotzeshoop op Vioolsdrift. Van Rooyen was vir 'n tydperk van 35 jaar in die onderwys betrokke - van Januarie 1956 tot Desember 1991.
Hy was vir langer as 50 jaar getroud met Minnie (Jooné). Sy is in 2009 skielik oorlede.
Die laaste jare van sy lewe het hy op Mariental deurgebring, waar hy ook op 31 Maart 2017 in die huwelik met me. Nannie (Opperman) getree het.
Laat in sy lewe het die skryfgogga gebyt en sy eerste pennevrug was Geelkrans se Mense, vertellings uit vervloë dae van Vioolsdrift. Vir dié nostalgiese sketse ontvang hy ‘n Veertjie by die ATKV se Pluimpietoekennings in Junie 2016.
Hy laat sien daarna ook twee digbundels, My laaste wedloop en Die visarend sal my weer kom haal, die lig. Van Rooyen word deur sy vrou, Nannie, vier kinders, 10 kleinkinders en twee agterkleinkinders oorleef.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!