Onderwys - Ou of nuwe name?rn
Onderwys - Ou of nuwe name?rn

Onderwys - Ou of nuwe name?

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans - Name is belangrik en bly ‘n onafskeidbare deel van ‘n mens se identiteit. Dit is iets wat tot in die graf aan ‘n mens kleef.

Vroëer het predikante (tydens die doop van babas) en registrasiebeamptes gruwelike foute gemaak waaronder baie mense vir lank gely het. Op al my persoonlike dokumente, met die uitsondering van my doopseël, pryk slegs een naam. My veronderstelde tweede naam is nogal imposant en ek blameer die registrasiebeampte daarvoor dat ek daarsonder moes klaarkom. Die arme mens kon seker nie St. Claire spel nie.

Na die vrywording en demokratisering van Afrika en ander wêrelddele het baie lande hul name verander. Miskien was dit pogings om hul identiteit te herwin of miskien om hulle sover moontlik van die veragtelike koloniale verlede te distansieer.

So het Zaïre die Demokratiese Republiek Kongo geword terwyl Bechuanaland vandag Botswana is. Abbissinië het Ethiopië geword. Nuwe name soos Zambië, Zimbabwe en Namibië het op landkaarte verskyn.

Baie skole dra die name van politieke of gemeenskapsleiers uit die vorige en huidige bedelings. So spog Namibië met skole vernoem na nasionale helde van die vryheidstryd en ander wat gereageer het op die pleidooie van gemeenskappe en betekenisvol bygedra het tot skoolstigting. Baie skoolname herinner egter nie altyd aan edel dade nie.

In Suid-Afrika is daar nog heelwat skole wat die name van apartheidskurke dra. Beide ‘n tegniese hoërskool in Pretoria en ‘n hoërskool in Nigel dra die naam van John Vorster, ‘n vorige eerste minister van hierdie land. Nou het die Gautengse onderwysowerheid aan alle skole met sulke name opdrag gegee om dit binne ‘n voorgestelde tyd te verander.

Die vraag wat my egter kwel is of so ‘n proses van naamsverandering deur ‘n onderwysowerheid gedryf moet word en of die opdrag van die Gautengse onderwysdepartment relevant en korrek is binne die demokratiese konteks. Is die opdrag van die spesifieke owerheid nie net ‘n polities korrekte een nie?

Met die naamgewing van my alma mater op Uitenhage in 1964 was die destydse onderwysowerheid nie geneë met die naam Uitenhage Hoërskool nie en het aangedring op Uitenhage Kleurling Hoërskool. Die skoolhoof, sy personeel en skoolkomitee het botweg geweier.

Ek was self hoof van ‘n nuwe skool en daarna ‘n skool wat ‘n nuwe gebou betrek het. Daar was destyds stories in omloop dat die skool op Karasburg na een van die lede van die Kleurling Verteenwoordigende Owerheid vernoem moes word. Hierdie skool, op aandrang van die skoolkomitee, is uiteindelik na die hoogste piek in die Karasberge vernoem, naamlik Lordsville. Suiderlig Hoëskool is nooit amptelik ingewy nie en dra nog dieselfde naam. Diegene wat die skool besoek, sal onmiddellik opmerk iets skort: ‘n naamplaat.

‘n Skool is ‘n gemeenskapsbate is en die proses van naamgewing of naamsverandering is veronderstel om in daardie konteks te begin. Dit kan nie aanvaar word dat ‘n gemeenskap moet saamleef met ‘n naam waartoe hulle nie ingestem het nie. ‘n Skool bou sy eie identiteit en word aan meer geken as sy naam.

Die skoolgemeenskap van Hoërskool Hendrik Verwoerd het 'n pragtige voorbeeld gestel. Die skool het in 1999 sy beeld begin verander. Voorstelle vir ‘n nuwe naam is ingewin tydens ‘n reeks debatte en konsultasies. Uiteindelik is op die naam Rietondale Sekondêre Skool besluit. Dit het gekom van die skoolgemeenskap.

Dit kan nie sonder meer aanvaar word dat gemeenskappe name soos Ella Du Plessis en Dawid Bezuidenhout, eie aan Khomasdal, en Dr. Lemmer, wat intiem deel van Rehoboth se gemeenskapslewe was, sonder slag of stoot sal opoffer nie. Dieselfde geld vir skole soos JA Nel op Keetmanshoop, Danie Joubert op Mariental, AI Steenkamp en Jan Möhr in Windhoek en KW von Marees op Okahandja.

Ek verstaan die rasionaal agter die opdrag van die LUR van Onderwys in Gauteng, maar ek weier om saam te stem met die ultimatum wat hy aan skole gerig het. Ek is daarvan oortuig dat hy ietwat voorbarig en aanmatigend terwille van politieke korrektheid opgetree het.

Naamgewing en naamsverandering bly die uitsluitlike prerogatief van ‘n skoolgemeenskap.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!