Onderwys: Ongelykhede u2018reusagtigu2019
Onderwys: Ongelykhede u2018reusagtigu2019

Onderwys: Ongelykhede ‘reusagtig’

Skole se toegang tot hulpbronne het ’n groot invloed op matrieks se prestasie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die afgelope vyf jaar se matriekuitslae toon “reuse”-ongelykhede in Namibië se onderwyssektor.

Skole in landelike streke soos Ohangwena en Zambezi het die minste hulpbronne en moet dikwels sonder water, krag en sanitasiegeriewe klaarkom.

Die gevolg is dié skole se slaagsyfer is ver onder die nasionale gemiddeld.

Daarenteen vaar streke soos Erongo beter as die gemiddeld, sê die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso).

“Dit is te verwagte omdat minder van die skole in dié streek ‘n gebrek aan water, krag of sanitasie het en ook die beste verhouding van leerlinge tot onderwysers in laer- en hoërskole het,” sê Nanso se president, me. Ester Simon.

Ongelukkig, sê Simon, is skole se toegang tot hulpbronne ‘n belangrike faktor wat die prestasie van matrieks beïnvloed.

“Die meerderheid leerlinge uit gewone staatskole wat die laagste slaagsyfers het, is by skole wat min hulpbronne tot hul beskikking het,” het sy gesê.

Die organisasie het voorts verlede jaar se graad 12-uitslae as “kommerwekkend” beskryf.

“Dit bevestig ons kritiese beskouing van die ongelyke basiese onderwysstelsel wat klas, geslag en ras betref, en weerspieël teenstellings wat deur uitslae bevestig word.”

Volgens die organisasie dui dit ongelykhede op streekvlak aan, met die meeste sentrale en stedelike skole wat beter toegang tot hulpbronne en infrastruktuur het.

“Skole in die Khomas-, Otjozondjupa-, Oshikoto- en Erongostreek het toegang tot hoërvlakvakke en ervare onderwysers in vergelyking met arm skole wat sonder toegang tot toegeruste biblioteke, handboeke, elektrisiteit en sanitasiegeriewe moet klaarkom.”

Die “ongelykhede” tussen ekonomiese klasse in die onderwysstelsel handhaaf boonop rasongelykhede, sê Simon.

“Klas, ras en ongelykheid is in Namibië met mekaar verweef. Onderwys is veronderstel om vir toekomstige geslagte ‘n uitweg uit armoede te bied en om bestaande patrone van ongelykhede in die land te verander. In plaas daarvan word leerlinge wat swak skole bywoon, ontneem, en sodoende vererger die nalatenskap van opvoedkundige ongelykheid en onreg.”

Nanso het ‘n beroep op die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gedoen om statistieke op alle gebiede van ongelykheid vry te stel.

Dit moet onder meer op landelike teenoor stedelike skole fokus, asook op informele nedersettings teenoor voorstedelike gebiede, sowel as voormalige wit skole teenoor voormalige swart skole.

Met verwysing na private skole sê Nanso dié skole het ‘n geneigdheid om onderprestasie te vermy en het ‘n strategie om deur middel van beleidsrigtings met uitsluitingsvereistes hoë slaagsyfers vir matrieks te handhaaf.

Dít sluit volgens Nanso faktore soos buitensporige skoolfooie, diskriminerende inskrywingsvereistes by die betrokke skole, sowel as beheerde hoëvlak-inskrywings vir leerlinge in.

Beroepsgerigte onderwys is volgens Nanso ook nie net vir dié leerlinge wat nie geslaag het, of nie universiteitstoelating gekry het nie.

“As ‘n ontwikkelende land is beroepsgerigte onderwys net so belangrik soos hoër onderwys.”

Om dinge vir studente tydens die registrasieproses by hoër onderriginstellings te vergemaklik, het die organisasie ‘n toegangsveldtog van stapel gestuur.

Volgens Simon is die vakbond die snelgroeiendste studente- en jeugorganisasie in die land.

Sy sê N$150 miljoen is danksy onderhandelinge tussen Nanso en die regering aan sekere instellings geskenk.

Die regering het ook ‘n verdere N$159 miljoen aan die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) gegee om 80% van koshuisstudente se verblyf te betaal. Klasfooie is 100% gedek.

Simon erken die vakbond se verhouding met die samelewing, aandeelhouers, regerings- en nieregeringsorganisasies is dikwels “verkeerd verstaan”, omdat leiers “van buite beïnvloed en geïnfiltreer is”.

“Nanso se leierskap weier om gebruik te word in die stryd om hulpbronne en mag binne die hoër onderrig-gemeenskap,” het Simon gewaarsku.

Die onmin wat na bewering gestook is, sluit onder meer in vals korrupsieklagte teen Nanso se leiers en pogings om “onwettige veldtogte” deur studenteaangeleenthede te lei.

“Nanso is nie te koop nie en sal nie gebruik word as verteenwoordigers om politieke en persoonlike veldslae van individue en groepe te lei nie.”

Simon het gesê die vakbond is apolities en die Bybel is die hoogste gids wat hul grondwet lei.

“As ons as uitvoerende komitee moet lei en vervolg word omdat ons die organisasie nie wil uitverkoop nie en omdat ons getrou aan onsself is, dan is dit nou maar só.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%