Onderwys: Meeste geld vir salarisse
Onderwys: Meeste geld vir salarisse

Onderwys: Meeste geld vir salarisse

NAMPA
Die ministerie van basiese onderwys, kuns en kultuur gaan N$11,4 miljard van sy begroting van N$13,7 miljard aan salarisse bestee.

Dit volgens die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, wat aan die woord was tydens die ministerie se jaarlikse oorsig van die 2018-’19-boekjaar en die bekragtiging van planne vir die 2019-’20-boekjaar.

Die ministerie ontvang jaarliks sowat 20% van die nasionale begroting.

Volgens Steenkamp het die ministerie die grootste rekening vir salarisse, maar die laagste koers vir nasionale beplanning, wat 21% is.

Weens die hoë salarisrekening beplan die ministerie om die aantal werknemers te sny en om beduidende herstruktureringstappe te doen.

“Dit geld vir almal van ons – die hoofkantoor én die streke. Ek vra julle om na die tekenbord terug te keer en na jul kantore om ‘n hersiene, nuwe struktuur te vind, wat ons kan voorlê en waar ons uitgebreid kan besnoei,” het Steenkamp gesê.

Sy het beklemtoon die ministerie sal sonder sekere poste moet klaarkom, wat senior bestuur en administratiewe poste insluit. Steenkamp wou haar nie uitlaat oor watter poste wel besnoei sal word nie.

Tydens dieselfde geleentheid het die ministerie se direkteur van finansies, me. Levinia Karises, gesê navorsing het getoon daar is geen “spookonderwysers” in die ministerie nie.

“Die Vyftienskooldagopname van 2018 en die betaalrol wat suksesvol voltooi is, het gewys daar is geen teken van ‘spookonderwysers’ nie, maar ons sluit dit nie ‘n 100% uit nie,” het Karises gesê.

Die Vyftiendagskoolopname weerspieël data oor skole wat jaarliks op die 15de skooldag aangeteken is. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!