Onderwys in Afrika 70 jaar agter Asië, Europa

Een handboek, 10 laerskoolleerlinge

22 December 2016 | Onderwys
Henriette Lamprecht - Die vlak van onderwys in ontwikkelende Afrika-lande, veral dié in sub-Sahara Afrika, is 70 jaar agter dié van ontwikkelde e­konomieë soos Asië en Europa.

Volgens 'n verslag deur die Internasionale Kommissie vir die Finansiering van Globale Onderriggeleenthede sal ontwikkelende lande onderrig moet uitbrei om in die volgende 30 jaar by ontwikkelde ekonomieë op te vang.

Die voormalige Tanzaniese president, mnr. Jakaya Kikwete, het tydens 'n besoek aan president Hage Geingob gesê Namibië se studentebevolking sal na verwagting in die volgende 24 jaar van die huidige 650 000 verdubbel. Kikwete is huidig die kommissaris van die Internasionale Kommissie vir die Finansiering van Globale Onderriggeleenthede as deel van die Verenigde Nasies se spesiale gesant vir Globale Onderrig.



Toegang

Kikwete het gemaan Namibië moet toegang tot onderrig vir alle kinders verseker soos die bevolking groei.

Die verslag erken pogings deur Namibië om toegang tot kwaliteit-onderrig te verbeter en wat finansiering en die ontwikkeling van infrastruktuur insluit.

“Namibië behoort trots te wees op die land se huidige 100% toelating tot primêre onderrig,” het Kikwete gesê.

Sou huidige neigings voortduur, sê die verslag gaan honderde miljoene kinders en jongmense onderrig ontsê word in 'n tyd wanneer onderrig

meer as ooit vir hul toekoms noodsaaklik is.

Vandag is 263 miljoen kinders en jongmense nie op die skoolbanke nie. Dit in weerwil van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte van 2000 waarin die wêreld beloof het om teen 2015 te verseker dat alle kinders 'n primêre onderrig voltooi het. Volgens die verslag voltooi net 'n beraamde 67% van kinders primêre skool. Met die huidige koers sal dit tot die einde van die eeu duur om te verseker dat alle kinders in dié betrokke lande hul primêre onderrig voltooi.

In lae-inkomste lande is net drie uit tien skoolgaande kinders op koers om vaardighede op primêre vlak aan te leer. Die verslag voorspel voorts slegs vier uit tien kinders van skoolgaande kinders in lae- en middel-inkomste lande is op koers om teen 2030 die minimum vaardighede op sekondêre vlak aan te leer. Dit beteken uit die 1,4 miljard skoolgaande kinders in lae- en middel-inkomste land gaan 'n beraamde 420 miljoen teen 2030 nie op koers wees om die mees basiese vaardighede in hul kinderjare baas te raak nie. Ook gaan die reeds reusegaping tussen die armste en rykste lande met betrekking tot naskoolse opleiding, verder vergroot.

Hoewel die onderwyskrisis die armste inwoners die meeste sal raak, sê die verslag is daar 'n groot prys om hiervoor in die ekonomie te betaal. Volgens die verslag gaan die bruto binnelandse produk (BBP) per kapita in lae-inkomste lande in 2050 byna 70% laer wees as wat dit sou wees sou alle kinders onderrig ontvang het. Dit beteken 'n beraamde verlies van sowat US$1,8 triljoen vir lae-inkomste lande alleen. Die verliese vir middel-inkomste lande sou kinders hier nie onderrig word nie, sal egter veel groter wees.

Die verslag sê voorts die negatiewe invloed op inkomste en ekonomiese prestasie is maar net die begin, met die impak op gesondheid wat net so groot sal wees.

Vooruitskattings wys daarop dat die aantal lewens wat jaarliks verloor word weens lae vlakke van onderrig, sal teen 2050 gelykstaande wees aan dié wat vandag toegeskryf word aan MIV/vigs en malaria, twee van die mees dodelike siektes in die wêreld.

Teen 2050 sal die bevolkingsgroei ten minste 15% hoër wees, sou alle kinders onderrig ontvang.



Stabiliteit

Die verslag wys voorts daarop sou kinders en jongmense die geleentheid weerhou word en sou ongelykheid in onderrig voortduur, die implikasies vir stabiliteit ook geweldig sal wees. Lae vlakke van sekondêre onderrig onder jong mans hou sterk verband met hoër vlakke van maat­skaplike onrus en geweld. Onrus is die duidelikste sigbaar waar die gaping die grootste is tussen die verwagtinge van jongmense oor die geleent­hede wat vir hulle beskikbaar moet wees en die werklikhede wat hulle in die gesig staar. In lae- en middel-­inkomste lande is daar gemiddeld 'n 32%-gaping tussen die armstes en die rykstes wat primêre skoolopleiding voltooi. Vir dié wat wel skoolgaan, sal 54% van die rykste kinders die basiese vaardighede aanleer, teenoor die 35% van die armste kinders. Minder as 20 arm, plattelandse meisies in sub-Sahara Afrika is op koers om hul sekondêre opleiding te voltooi, sewe keer minder as middelklas, stedelike seuns. Met betrekking tot kinders met gestremdhede is meer as die helfte van die beraamde 65 miljoen primêre en laer-sekondêre leerlinge nie op die skoolbanke nie.

Soortgelyk

 

'n Lewe gekenmerk deur vaste beginsels

2 dae gelede | Mense

Estelle de Bruyn - 'n Ryk en vol lewe, 'n lewe wat gekenmerk is deur vaste beginsels, iemand wat hom nooit laat voorskryf het deur...

Ya Toivo: Tyd vir groet breek aan

2 dae gelede | Mense

Roubeklaers en hoëlui het hulle plekke ingeneem by die Onafhanklikheidstadion in Olympia waar die gedenkdiens vir die vryheidstrydikoon mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo nou...

Lloyd Zandberg: Midas-Hofnar

2 dae gelede | Kuns en vermaak

BL3: Die Ventertjies en Heidi kom kuierBL8: Sit vonkel in jou strompel

Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'

2 dae gelede | Vervoer

Francoise Steynberg - Die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het dit gistermiddag duidelik gestel dat korrupsie by regeringsmaatskappye nie geduld sal word nie....

Resessie wurg Namibië

2 dae gelede | Maatskaplik

Jo-Maré Duddy - Die ekonomie wat in die eerste kwartaal vanjaar sowat N$750 miljoen armer was as in dieselfde drie maande in 2016, het Namibië...

Kalender 23 Junie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Pak vandag ’n piekniekmandjie en raak deel van die eerste WINE ON TAP by die MegaCentre in Windhoek. Daar gaan onbeperkte...

Tronkmoord: trio gevonnis

2 dae gelede | Howe

Jacqueline Louw - In ’n uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner...

Kabinet besluit teen invoer van gevaarlike afval

2 dae gelede | Regering

Augetto Graig - Die kabinet het tydens hul onlangse vergadering besluit om die invoer van gevaarlike afval van ontwikkelde lande teen te staan.Dít deur die...

Weer vir 23 Junie

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik gedeeltelik bewolk en koud in die oggend oor die //Kharasstreek, maar later sonnig en matig. Elders sal dit sonnig en matig tot warm...