Onderwys - Die reg op handboeke
Onderwys - Die reg op handboeke

Onderwys - Die reg op handboeke

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans - In hierdie rubriek is al heelwat ruimte afgestaan aan leierskap, die skoolhoof en sy veelvuldige verantwoordelikhede en die in loco parentis-leerstuk.

Die in loco parentis-beginsel verwag van die skoolhoof om met die sorgsaamheid van ‘n ouer oor die welsyn van elke leerling in sy/haar skool te waak. Hierdie verwagting geld ook wanneer leerlinge op uitstappies gaan en aan sportkompetisies deelneem wat deur skole gerëel word.

Waar ‘n skoolhoof nie kan bewys dat hy alle moontlike, redelike maatreëls toegepas het om die leerlinge se welsyn te bevorder nie, sal geen vrywaringsvorm hom of haar van aanspreeklikheid onthef nie. Die leerling moet gevrywaar wees van moontlike beserings op die skoolperseel en van fisieke en sielkundige mishandeling in die klaskamer.

Die beginsel sluit ook kurrikulêre en ekstra-kurrikulêre welsyn in. Elke skoolhoof moet ‘n onderrigleier wees; hy/sy moet toesien dat die amptelike leerplan geïmplementeer word, dat klaskamerbestuur (lesaanbieding inkluis) gereeld en effektief geskied en onderwysers gereeld ge-evalueer word. Die skoolhoof moet leiding kan gee en leerlinge inspireer.

Die staat moet natuurlik sy deel doen deur die nodige onderrigruimte, handboeke, skryfbehoeftes en toerusting binne die konteks van gratis basiese onderwys te voorsien. Hierdie verantwoordelikheid van die staat staan voorop in die hofsaak tussen Suid-Afrika se ministerie van onderwys en Education for All (20793/2014) wat hom in 2015 in die hoogste hof in Suid-Afrika afgespeel het.

In 2012 het die ministerie, na ingrypende veranderinge in die kurrikula vir laer- en hoërskole, alle provinsies beopdrag om die nodige nuwe handboeke aan te koop vir gebruik in 2013. Die onderwysdepartement in Limpopo het egter versuim om die opdrag uit te voer.

Die nie-regeringsorganisasie Basic Education for All (Befa) en ander rolspelers was pro-aktief en het die provinsie in Mei 2012 oor die versuim hof toe gesleep. ‘n Bevel is uitgereik in terme waarvan die provinsiale owerheid die boeke moes aankoop en aan skole voorsien en vordering moes in maandelikse verslae aangedui word. Die provinsie moes ‘n plan voorlê hoe hy die doelwit sou bereik.

Maar in 2014 is ‘n tekort van 22 045 handboeke gerapporteer. Befa is toe weer hof toe op grond van die provinsie se weiering om aan die hofbevel gehoor te gee. Befa het ook aangevoer grondwetlike regte soos die reg op onderwys, gelykheid en die waardigheid van leerlinge word verontagsaam en gevolglik geskend. Die Gauteng-afdeling van die hoërhof het die aansoekers gelyk gegee.

Die provinsie het hom hierna tot die applèhof in Pretoria gewend. Die appèllant het aangevoer hy het nie geld om die boeke aan te koop nie en dat die reg op onderwys nie beteken elke kind moet van alle handboeke voorsien word nie. Volgens die provinsie is skole aangesê om leerlinge van fotostate te voorsien. Die provinsie het ook op die verdeling van regeringsgesagte gesteun en aangevoer die hof het nie die reg om in te meng in hoe die provinsie as uitvoerende gesag sy begroting bestuur nie.

Die hof het die aansoek om die volgende redes verwerp. Boeke vir grade 4, 5, 6 en 11 moes reeds voor die einde van Desember 2012 aangekoop gewees het. Die hof het die provinsie se aankoopplan as ontoereikend en oneffektief beskryf. Die hof het Befa gelykgegee dat die reg op basiese onderwys deur die grondwet beskerm word en dat die voorsiening van handboeke deel daarvan uitmaak. Die hof het saamgestem die provinsie se houding kom neer op skreiende diskriminasie teen sommige leerlinge; veral teen armer leerlinge.

Limpopo was die enigste provinsie waar alle leerlinge nie van handboeke voorsien is nie. Al is 'n skrale 3% van leerlinge die reg ontsê, het die hof steeds korte mette van administrateurs se verweer gemaak.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!