Onderwys – Die heropening van ons skole
Godfrey Kleinhans - Covid-19 en sy vernietigende gevolge is nog met ons en dit lyk nie of die virus gou uit ons lewens sal verdwyn nie.
Diegene wat in die sosiale media oor die opskorting van vryhede kla, is genadiglik in die minderheid.
Ek is oortuig die meeste mense aanvaar die sluiting van skole was ‘n noodsaaklike en wyse stap. Die vinnige optrede van die Namibiese regering om grense, skole en ander instansies te sluit, het die verspreiding van die virus beperk. Die infeksie-, herstel- en sterftesyfers (geen) is bewyse hiervan.
Lande soos die Verenigde State van Amerika en Italië, wat die virus aanvanklik nie werklik ernstig opgeneem het nie, betaal nou ‘n dure prys. Maar, inperking kan nie onbepaald voortduur nie, want die ekonomie sal eenvoudig in duie stort.
Skole sal uiteindelik ook moet heropen; onderrig en leer is twee kritieke samelewingsaktiwiteite. En hierin lê die grootste uitdaging vir onderwysowerhede en skoolgemeenskappe.
Winston Churchill het oor die Yalta-ooreenkoms met Stalin en Franklik Roosevelt opgemerk: “Never let a good crisis go to waste.” Ons is in ‘n krisis en dit is nie nou die tyd vir selfgerigte besluite deur politici, administrateurs en selfaangestelde of kwasie-leiers nie. Die kollektiewe breinkrag van onderwysgemeenskappe moet die nodige erkenning kry en tot sy volle reg kom. Onderwysers, ouers, senior leerlinge, skoolrade, onderwysfora, kerkgemeenskappe en ander gemeenskapsgroepe behoort oplossings te vind vir die uitdagings wat met die heropening van die skole gepaard gaan. Die regering is deeglik bewus van die uitdagings.
Ontwikkelde lande met groter ekonomieë en meer homogene gemeenskappe sal dit makliker vind om skole te heropen. Van die Nordiese lande is reeds besig om dit te doen.
Vir die Namibiese owerhede is dit egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Ongelykhede word veral nou duideliker as ooit uitgewys.
Sommige ouerhuise is vermoënd en ander brandarm. Van ons skole het nie genoeg klaskamers nie, rapporteer jaarliks oorvol klasse en moet sonder water, elektrisiteit en ablusiegeriewe klaarkom. Sekere skole het geen telekommunikasiegeriewe nie. By sommige skole is onderwysers onopgeleid.
Party kinders loop meer as tien kilometer skool toe. Sekere gesinne bestaan net uit kinders en van die ouers in die land het net laerskoolonderrig ontvang.
Almal wat kan bydra, moet deel van die oplossing word.
In dele van die land is die naaste kliniek baie ver. Ons het genoeg sanitasiemiddels en/of seep en dalk gesigsmaskers nodig vir meer as 800 000 leerlinge en meer as 30 000 onderwysers.
Die privaatsektor en vermoëndes kan ‘n betekenisvolle rol speel. Ons kan nie verwag die regering moet die wa alleen deur die drif trek nie.
Onderrig en leer kan nie onbepaald stop nie en geen kind mag agterweë gelaat word nie. Koste-effektiewe beplanning en köordinering is nou van kardinale belang terwyl alle kommunikasiekanale oop moet bly.
Elke onderwyser se kapasiteit moet dringend toeneem om elke uitdaging betekenisvol aan te spreek. En elke skool moet die nodige bronne ontvang.
Beleid oor noodsituasies, gesondheidspandemies en omgewingsrampe moet afgestof en geherevalueer word.
Ons leerskool is die lesse van Covid-19.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie