Onderwys betaal munisipaliteit N$17 miljoen
Die munisipaliteit het pas aan Republikein bevestig dat dit ‘n betaling van N$17 miljoen ontvang het op die N$32,5 miljoen wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aan hulle verskuldig is.
Dit volg nadat Republikein Maandag berig het dat die ministerie se rekening sowat sewe maande agterstallig is en die laaste betaling van N$8,9 miljoen in Maart deur die munisipaliteit ontvang is. As gevolg hiervan wou die munisipaliteit verlede week drie skole in Windhoek se water en ligte weens wanbetaling afsny.
Volgens inligting wat deur die munisipaliteit verskaf is, beloop die munisipale rekeninge van 22 hoërskole en 38 laerskole in Windhoek altesaam sowat N$29,8 miljoen, terwyl N$2,2 miljoen vir kantore en instellings se munisipale dienste geskuld word en spesiale skole se rekeninge ook op sowat N$499 194 staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie