Onderwys u2018almal se verantwoordelikheidu2019
Onderwys u2018almal se verantwoordelikheidu2019

Onderwys ‘almal se verantwoordelikheid’

Volgens ’n Unesco-verteenwoordiger het slegs onderwys die mag om die samelewing se houding teenoor aardverwarming te verander.
Yandi du Plessis –

Wêreldonderwysdag is Vrydag vir die eerste keer in Namibië gevier.

Die algemene vergadering van die Verenigde Nasies (VN) het dié dag op 3 Desember 2018 amptelik as Wêreldonderwysdag verklaar.

Die dag fokus op die rol wat onderwys in die welstand en volhoubare ontwikkeling van mense speel.

Die jaar se tema is “Learning for people, planet, prosperity and peace”.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, VN se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) en die Restoration of Light (HWPL), het kragte saamgesnoer om die belangrikheid van onderrig aan te spreek.



Wêreldonderwysdag is Vrydag by Concordia College in Windhoek gevier.

Me. Marry Uanguta, Concordia College se hoof, het die geleentheid geopen.

Sy het gesê deur Wêreldonderwysdag in te stel, het die VN die belangrikheid erken om inklusiewe- en gelyke onderwys van gehalte te verseker.

“Sonder inklusiewe- en gelyke onderwys sal ons nie geslagsgelykheid kan oorbrug nie. Ons sal ook nie die sirkel van armoede kan breek wat miljoene kinders, jongmense en volwassenes in die gesig staar nie,” het sy gesê.

“Ons ondersteun al Unesco-inisiatiewe en -projekte wat gehalte onderwys verseker en lewenslange leergeleenthede vir almal in Namibië bevorder.

Dit is ’n voorreg vir Concordia College om die geleentheid aan te bied,” het Uanguta gesê.

Die waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur, amb. Martin Andjaba, het leerlinge en die media toegespreek.

“Die implementering van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG) poog om prioriteite aan ’n omvattende beleidsagenda te koppel. Die doel is om samewerking tussen verskillende groepe te bevorder om ’n meer effektiewe reaksie op internasionale, streeks- en nasionale uitdagings te vestig.

Kwessies rakende armoede, gesondheid, sanitasie, klimaatsverandering, werkloosheid, ekonomiese groei en omgewingsbeskerming word in die SDG-raamwerk uiteengesit.”

In reaksie op die VN se Dekade vir Volhoubare Ontwikkeling het Namibië SDG’s, wat van toepassing op die onderwysbeleid is, in die nasionale plan geïmplementeer.

Die implementering van dié ontwikkelingsdoelwitte en die Kontinentale Onderwysstrategie vir Afrika (CESA 16-25) in die Namibiese syllabus, is om gehalteonderwys te verseker deur gedeelde begrip en verskillende dissiplinêre benaderings om ontwikkelings- en omgewingsdoelwitte vir die toekoms te bereik.

Andjaba het gesê die onderwysministerie sal die SDG Doelwit 4-implementeringsplan op 23 Maart 2020, tydens die SADC Onderwysbestuurinligtingstelsel-konferensie (EMIS) in Windhoek, van stapel stuur.

Dié implementeringsplan bevat die onderwysafdeling se nasionale benadering om inklusiewe- en gelyke onderrig te bewerkstellig.

In pogings om toegang tot onderrig vir almal te verseker, is uitdagings vir ruimte, onderwysers, leermateriaal en fisieke infrastruktuur onder die ministerie se aandag gebring. Volgens Andjaba is hulle hard aan die werk om dié uitdagings uit die weg te ruim.

“Ons doen ’n beroep op elke Namibiër om onderrig as ’n ernstige saak te beskou. Elkeen het ’n rol om te speel. Onderwysers het die verantwoordelikheid om leerlinge na die beste van hul vermoë op te voed. Ouers moet hul kinders versorg en ondersteun in hul akademiese strewes. Kinders moet hul onderrig ernstig opneem en verantwoordelikheid vir hulself neem. Onderwys is almal se verantwoordelikheid.”



Mnr. Djaffar Moussa-Elkadhum, Unesco se verteenwoordiger in Namibië, het gesê, onderwys is ’n waardevolle hulpbron, alhoewel dit steeds nie vir miljoene mense wêreldwyd beskikbaar is nie.

“Die wêreldwye leerkrisis moet ’n groot rede tot kommer wees.”

Hy het gesê onderwys is die kern van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, wat Unesco in die internasionale gemeenskap moet bewerkstellig.

Volgens Moussa-Elkadhum het Unesco die verantwoordelikheid om gehalte-onderwys vir almal te verseker.

Die ontwikkeling en bemagtiging van vroue deur die “Her education, Our Future”-inisiatief is ’n sleutelaspek in die bevordering van maatskaplike insluiting.

Hy het die impak bespreek, wat onderrig op klimaatsverandering kan hê.

“Slegs onderwys het die mag om die samelewing se houding teenoor aardverwarming te verander.

Dít is hoekom Unesco’n beroep op betrokke instansies doen om omgewingsonderrig deel te maak van die kurrikulum – van kleuterskole tot universiteite. Ons sal alles doen om die implementering daarvan suksesvol te maak.”

Hy het gesê: “Instansies, onderwysers, ouers en leerlinge speel op hul eie manier ’n rol in die verwesenliking van gehalte-onderrig. Dit is ons verantwoordelikheid teenoor toekomstige geslagte.”

Mnr. Ehrens Mbamanovandu, hoof van die Unesco-onderwysafdeling, het gesê Namibië is op die pad om ’n kennis-gebaseerde ekonomie teen 2030 te hê.

“Daarvoor het ons egter ’n basis nodig waarop ons sosiale kennis kan bou.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.66 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.91/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.60/T UP 1.41% | Brent Crude Oil US$ 87.74/BBP DOWN -0.0067 | Platinum US$ 905.06/OZ DOWN -0.0053 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.56 | CNY to NAD 2.66 | USD to NAD 19.25 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 335.91/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 841.60/T UP 1.41% | Brent Crude Oil US$ 87.74/BBP DOWN -0.0067 | Platinum US$ 905.06/OZ DOWN -0.0053