Ondersoek op Kaapkruis ingestel

Omgewing

21 May 2021 | Omgewing
Irene-Mari van der Walt – Ná nog 'n aanval deur 'n vermoedelik hondsdol jakkals in die Kaapkruis-omgewing, is die ministerie van omgewing en toerisme besig om vas te stel of daar wel 'n uitbreking van hondsdolheid in dié kusgebied is.

“Die ministerie het die toename in gevalle van hondsdolheid en konflik met hondsdol diere waargeneem en is tans besig met 'n feitebepaling van hierdie gevalle voordat 'n amptelike uitbreking verklaar kan word,” sê woordvoerder Romeo Muyunda namens die ministerie.

Volgens hom is daar veral 'n toename in hondsdolheid onder jakkalse in die area.

“Gegewe dat die ministerie reeds met 'n ondersoek besig is, sal ons binne die volgende twee tot drie weke die weg vorentoe kan sien. Gewoonlik oorleef diere met hondsdolheid nie lank nie. Hondsdolheid in Namibië is 'n probleem, maar dit is nie so 'n groot probleem nie – dit kom en gaan,” sê Muyunda.

Toekomstige stappe in verband met hondsdolheid in die area is volgens Muyunda onderhewig aan die omvang van die probleem.

“Sou ons bepaal dat hierdie 'n erge probleem is, sal ons geen keuse hê as om die diere van kant te maak nie,” sê Muyunda.

Nadine Downling, die bestuurder by Kaapkruis Lodge, vertel hondsdolheid raak vir hulle by die dag 'n groter probleem.

“Ons wil nou 'n bord opsit om mense te waarsku om weg te bly van wilde diere af,” sê sy.

Ondanks die toename in hondsdolheid sê sy konflik met hondsdol diere gebeur weinig.

“Ek bestuur nou al agt jaar lank hierdie lodge en die jong man wat onlangs in sy tent aangeval is, is die eerste keer dat dit gebeur,” sê sy.

Nietemin, glo sy die ministerie van omgewing en toerisme moet dringend ingryp en raai persone in die area aan om geen kanse te waag nie.

“As jy enige eienaardige gedrag van 'n wilde dier waarneem, maak jouself skaars en lig die ministerie van omgewing in daarvan. As 'n dier oorvriendelik voorkom of ongewoon aggressief is, kan dit 'n teken van hondsdolheid wees.

“Daar is passiewe hondsdolheid wat diere meer mak laat voorkom, of aggressiewe hondsdolheid wat natuurlik diere meer aggressief maak. Hondsdolheid verskyn nie altyd met die stereotipiese skuim om die mond nie,” waarsku sy.

Downling raai enige persoon wat in kontak met wilde diere gekom het aan om so gou as moontlik 'n mediese dokter te sien.

“Hondsdolheid is behandelbaar met vyf inspuitings. Dit is nie 'n mediese noodgeval nie, maar dit is dringend dat mense mediese bystand kry in sulke gevalle.”

[email protected]


FOTO
Jakkalse aas aan ’n dooie rob by Kaapkruis. Foto Wikimedia, ter illustrasie

Soortgelyk

 

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

3 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

9 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

19 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...