Ondersoek na treinongeluk duur voort

Hoofspoorlyn na en van kus herstel

12 April 2021 | Ongelukke
Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund – Die toneel van die ontsporing op Swakopmund is opgeruim en die hoofspoorlyn na en van die kus is herstel.

Vier lokomotiewe en 25 brandstof- en vragwaens was op 16 Maart by die ontsporing betrokke, wat groot skade aan die spoorlyn veroorsaak het.

Hyskrane is ontplooi en die reddingsoperasie is teen Sondag 21 Maart teen 'n aansienlike koste voltooi.

Me. Abigail Raubenheimer, TransNamib se kommunikasiebeampte, het bevestig ondersoeke is steeds aan die gang om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

“Op die oomblik is daar nie veel om te vertel nie. Dit is nogal 'n intensiewe en tydrowende proses. Ons ingenieursafdeling het die lyn ná 'n paar dae herstel en dit is ten volle operasioneel.”

Raubenheimer het gesê daar is nog geen finale bedrag beskikbaar oor die verlies wat TransNamib weens die ontsporing gely het nie.

“Daar kan nie 'n prys geplaas word op die lewe wat verloor is nie. Ons is besig om die koste te bepaal in terme van die aansienlike skade aan ons voorraad en infrastruktuur. Die ondersoek sal 'n kosteberaming verskaf.”

Mnr. Johny Smith, die uitvoerende hoof van TransNamib, het die ongelukstoneel besoek kort ná die insident, wat die assistent-treindrywer, mnr. Wilhelm Nongameni Joseph, se lewe geëis het.



VAN DIE ERGSTE IN GESKIEDENIS

Smith het die ontsporing as een van die ergste in die geskiedenis van Namibië beskryf. In 'n onderhoud met Namib Times het hy vir die vervanging van die vloot van lokomotiewe gevra.

“Ons weet ons het baie ou lokomotiewe. Die hele vloot moet vervang word om 'n veilige en betroubare diens aan Namibiese vrageienaars te lewer,” het hy op die ongelukstoneel gesê.

Die regering het in 2017 ses nuwe lokomotiewe vir TransNamib teen 'n koste van N$300 miljoen by General Electric gekoop.

Destyds het die voormalige waarnemende hoof, mnr. Mbahupu Hippy Tjivikua, gesê behalwe vir die ses nuwe lokomotiewe is slegs 52 van die 97 wat TransNamib besit, operasioneel.

Hy het daarop gewys dat TransNamib minstens 80 nuwe lokomotiewe sal benodig om die bestaande vloot te vervang, en bygevoeg dat dit goedkoper sal wees om nuwes aan te skaf, pleks daarvan om die ou lokomotiewe op te knap.

Die direksie van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) het in Desember 2017 'n lening aan Namibië van N$2 miljard (U$153 miljoen) goedgekeur om 'n spoorlyn van 210 km tussen Walvisbaai en Kranzberg oor drie jaar op te gradeer. Die lening dek ook die opgradering van die pad vanaf Windhoek na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako.

[email protected]

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

10 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

10 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

10 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

10 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...