Onbekende aantal hengelaars beboet

02 January 2019 | Visserye
Erwin Leuschner – In ‘n ongewoon vroeë en uitgerekte kabeljou-stormloop in die omgewing van Hentiesbaai moes visinspekteurs al voor Kersfees bont staan.

Een span hengelaars het glo verby ‘n padblokkade probeer jaag, maar is deur beamptes voorgekeer.

Chaotiese toestande is uit sekere oorde gerapporteer. Visinspekteurs is oorweldig deur groot getalle hengelaars.

Volgens me. Rosalia Mupetami, hoofvisinspekteur in die ministerie van visserye en mariene hulpbronne is baie boetes gehef. Sy kon teen verlede week nie gedetailleerde statistiek verstrek nie.

“In die 21 jaar wat ek aan die kus hengel, het ek nog nie so-iets gesien nie,” het ‘n kranige hengelaar van Hentiesbaai gesê. Kabeljou het geloop by Solitude, Jakkalsputz, Myl 68, Myl 72 en gewilde plekke soos Sarah se Gat en Tolla se Gat.

‘n Padblokkade is volgens Mupetami noord van Hentiesbaai opgestel. “Ons het talle hengelaars gevang wat die daaglikse beperking oorskry het en te veel groot visse gehad het,” het sy gesê. Een hengelaar mag net twee kabeljoue van langer as 70 sentimeter in sy besit hê.

Dikwels word alternatiewe roetes gebruik of strandlangs gery om inspekteurs te pykpan. ‘n Groep hengelaars wat by die padblokkade teen ‘n stink spoed weggejaag het, is volgens Mupetami kort daarna vasgetrek. Die voertuig was vol groot visse.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....