Omvattende regruk-aksie vir Grootfontein
Omvattende regruk-aksie vir Grootfontein

Omvattende regruk-aksie vir Grootfontein

'n Noordedorp se munisipaliteit en dorpsraad het eindelik gereageer op bewe­rings van korrupsie, wanbestuur en gebrek aan dienslewering.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – “Ons sal dit wat fout is met hierdie instelling, regstel. Die Here sal ons help.” Só het Grootfontein se burgemeester, me. Lovisa Iyambo, Maandag tydens 'n mediakonferensie op dié Noordedorp gesê.

Dit volg ná die dorp die afgelope tyd pal in die nuus was oor onder meer 'n verdoemende verslag deur die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling oor munisipale sake, waarin groot­skaalse korrupsie beweer word, asook twee swak (gekwalifiseerde) ouditmenings van Namibië se ouditeur-generaal.

“Die Grootfontein-munisipaliteit was in die 'intensiewesorgeenheid' toe die nuwe bestuur oorgeneem het.

“As jy dié munisipaliteit se ouditverslag lees, sal jy sien toe ons oorgeneem het, was dit tegnies bankrot. Was ons nie 'n plaaslike owerheid nie, sou dieselfde lot as ander semistaatsinstellings ons in die gesig gestaar het,” het die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Kisco Sinvula, Maandag gesê.

“Hierdie is nie sake soos gewoonlik nie. Die winde van verandering waai. Dit, sodat ons ons dienslewering aan die publiek van die pragtige dorp kan verbeter.”

Tydens die geleentheid het hy verslag gedoen oor die vordering van die munisipaliteit oor die afgelope 12 maande, 'n jaar nadat die nuwe dorpsraad ingesweer is. Terselfdertyd het hy 'n ernstige waarskuwing gerig aan partye wat glo probeer om die munisipaliteit en raad se werk en beeld te saboteer.

Hy sê hulle sweep die gemeenskap teen die raad op, maar tree net in eie belang op en word deur politieke beweegredes gemotiveer. Boonop buit hulle gemeenskappe vir eie finansiële gewin uit, meen hy.

“Die munisipaliteit is nie 'n politieke party of tradisionele owerheid nie, maar 'n regeringsinstansie wat gehoor gee aan wetlike statute . . .” het hy gesê.



VERSLAG

Sinvula het gesê hy wil kategories verklaar die verdoemende verslag deur die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling oor munisipale sake, waarin grootskaalse korrupsie deur werknemers en politici beweer word, is oor 'n tydperk vóór sy en die huidige dorpsraad se ampstermyn.

Hy sê egter dis sy plig om seker te maak die aanbevelings van die verslag word uitgevoer en dat beweerde wanpraktyke op 'n regverdige en deursigtige manier getakel word.

“Ek wil die gemeenskap die versekering gee ons het jul oproepe vir die vinnige toepassing van die ministerie se versoeke gehoor, maar dat ons dit geleidelik uitvoer. Ons sal binnekort al die nodige dokumente aan die relevante owerhede oorhandig sodat die regsproses kan begin.

“Intussen is talle toelaes opgeskort, ook behui­singstoelae.

“Ons is ook besig met interne gedinge – ons moet die wet volg. Van die afdankings waarvan julle reeds mag weet, is 'n uitvloeisel van die verslag,” het hy gesê. Hy sê dit sluit werknemers in wat glo hul kwalifikasies vervals het.

Hy sê al het die verslag vir die ontslag van die Public Private Partnership for Urban Environment Contractors (PPUE)-kontrakteurs gevra, het die raad besluit om hulle eers vir nog drie maande aan te hou in die swaar ekonomiese tye, sodat werksgeleenthede gespaar kan word. Dit vir 'n drasties verbeterde vergoeding, terwyl hulle vir interne poste kan aansoek doen.



OUDITMENING

In verband met die swak (gekwalifiseerde) ouditmening wat Namibië se ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, vir die Grootfonteinse munisipaliteit vir die 2017–'18-boekjaar gegee het, sê hy daar word opgetree.

“Die dorpsraad werk aan 'n omsigtige finansiële bestuur as die kern om internasionaal erkende openbare rekeningkundige standaarde te vestig,” het hy gesê en bygevoeg werknemers kry nou opleiding om met die nuwe boekhoustelsel te werk.

“Die raad migreer van die huidige, ou Finstel-program na die MunSoft- finansiële bestuurstelsel,” het Sinvula gesê.

Hy sê sedertdien het hulle nog nie, tydens Sinvula se ampstermyn, enige bottelnekke met die betaling van salarisse of ander verpligtinge aan derde partye ondervind nie. In die verlede moes hulle geld van elders vra om hiervoor te betaal. “Dit is nou geskiedenis danksy die nuwe omsigtige stelsel wat ons uitgerol het.”

Sinvula sê hulle het ook die oortydrekening van sowat N$130 000 tot N$140 000 per maand na net sowat N$30 000 verminder. Hy sê die geld word nou eerder vir ontwikkelingsdoeleindes benut.

Verder word 'n prestasiebestuurstelsel ook ingestel as maatstaf vir aanspreeklikheid en doeltreffendheid vir openbare dienslewering. “Dit sal seker maak elke werknemer kan rekenskap gee van wat hulle daagliks verdien.



ONTWIKKELING

Hy sê op die ontwikkelingsagenda, waarmee die dorpsraad reeds begin het, is onder meer die toekenning van 40 hektaar aan Welwitschia-universiteit vir die ontwikkeling van 'n tersiêre onderriginstelling.

Dit sluit ook 'n infrastruktuur-meestersplan vir die ontwikkeling en herontwerp van die pad, riool- en waterstelsel in, die uitlê van sowat 3 000 erwe vir veral lae-inkomstegroepe onder die model vir aanpasbare grondbesit, 400 erwe vir amptenare in uniform asook verskeie ander residensiële ontwikkelings.

Verder is 'n kontrakteur reeds gekry om opknappingswerk aan die dorp se vervalle strate te doen, terwyl 'n onafhank­like vullisverwyderingskontrakteur op 'n ad hoc-basis gehuur sal word om die dorp skoon te maak.

“Ek glo ons dorp sal binnekort baie netjies en skoon wees,” het Sinvula gesê.

Verder is nog 15 hektaar grond vir landboudoeleindes aan die jeug onder die dorpslandbou-ontwikkelingsinisiatief afgestaan, terwyl 'n behoefte aan 'n informele mark geïdentifiseer en gebou sal word sodra daar genoeg geld is.

Hy sê 'n “droë hawe” vir die dorp is steeds 'n topprioriteit vir die raad.

Hy het 'n versoek aan inwoners gerig om te betaal wat hulle aan die munisipaliteit verskuldig is, omdat geld nodig is om die dorp te ontwikkel. “Die afsny van dienste is nie iets lekker om te moet doen nie, maar die raad sal geen ander opsie hê nie,” het hy bygevoeg.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065