Omstrede skool kry 'n nuwe baadjie
Omstrede skool kry 'n nuwe baadjie

Omstrede skool kry 'n nuwe baadjie

Educare Windhoek Edms. Bpk. het Woensdag onder 'n nuwe naam en vaandel oopgemaak.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die privaatskool Educare Windhoek Edms. Bpk. moes laas jaar sy deure sluit, maar het gister, ten spyte hiervan, sy deure onder 'n nuwe naam oopgemaak.

Volgens mnr. Wihan Brand, hoof uitvoerende beampte, is dit nou nie meer 'n skool nie, maar 'n toesigsentrum waar leerlinge wat tuis onderrig word volgens die Suid-Afrikaanse Impak-leerplan, gehelp word.

Ook staan dit nou as die EduNam Nasorg- en Onderrigsentrum bekend.

Volgens die prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, was me. Katrina Hanse-Himarwa se opdrag dat die skool moes sluit, 'n duidelike "nee" vir die voortbestaan daarvan.

Volgens Brand tree hy nie onwettig op nie, omdat dit “nie meer 'n skool is nie”.

Hy sê die onderwyswet maak nie voorsiening vir tuisonderrig nie, en ouers moet self by die minister toestemming kry om hul kinders op dié manier op te voed.

Volgens Brand is Shanghala verlede Donderdag per brief omtrent die naamverandering en nuwe fasiliteit ingelig. Hy het erken dat hy en die minister “nog nooit gepraat het nie”.



REGISTRASIE-AANSOEK

In 'n skrywe in Desember aan Hanse-Himarwa het Shangala gesê die voormalige Educare Edms. Bpk. moet 'n nuwe registrasie-aansoek indien vir die oorweging en goedkeuring van die skool se leerplan en eksamenliggaam wat van dié van staatskole verskil.

Shanghala verwys onder meer na artikel 41(1) van die onderwyswet wat dit duidelik maak dat 'n persoon 'n privaatskool mag vestig, maar dit moet in terme van artikel 42 geregistreer word, voor enige onderrig aangebied mag word.

Educare Windhoek Edms. Bpk. se regsverteenwoordiger, mnr. Petrie Theron, het in Desember in 'n skrywe aan die ministerie gevra vir die toegewing om die skool toe te laat om voorlopig geregistreer te wees, hangende sy suksesvolle registrasie.

Volgens Shanghala maak die onderwyswet nie voorsiening vir die voorlopige registrasie van 'n privaatskool nie.

“Die ministerie se skrywe, gedateer 5 April 2016, was in dié verband baie duidelik,” het hy gesê.

Volgens Theron was die ministerie bewus van die feit dat die skool sedert 2014 gefunksioneer het sonder om geregistreer te wees en het hulle dit dus toegelaat.

Volgens Shanghala het die ministerie egter verskeie kere Educare Edms. Bpk. versoek om sy sake in orde te kry en is die skool in April 2016 ingelig dat die registrasieproses nie enige registrasie waarborg nie.

Shanghala bevestig in sy skrywe aan die minister dat sy kantoor op haar versoek 'n brief aan Educare Edms. Bpk. se regsverteenwoordigers gerig het, terwyl 'n afskrif ook aan die kantoor van die staatsprokureur gestuur is.

Educare Edms. Bpk. is reeds in April verlede jaar deur die ministerie ingelig dat dit onwettig funk­sioneer en dat dit teen 31 Desember verlede jaar geregistreer moes wees. Sou dit nie gebeur, sou dit in terme van die onderwyswet gesluit word.

In Oktober 2016 is die skool ingelig dat hul registrasie-aansoek nie aan die Nasionale Eksaminering, Assessering en Sertifiseringsraad (NEACB) voorgelê kan word nie, omdat dit nie aan al die vereistes voldoen nie. Die ministerie het toe onder meer kommer uitgespreek oor Educare Edms. Bpk. se gebruik van 'n nie-goedgekeurde buitelandse leerplan en die feit dat 17 uit die 23 onderwysers se onderwyskwalifikasies en/of immigrasiedokumente nie aan die minimum vereistes voldoen nie.

Navrae aan me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en aan mnr. Keith Vries, direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is teen druktyd nog nie beantwoord nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%