Omstrede grondtoekenning op Okahandja onder skoot

Meer as ’n honderd verblyfsertifikate word op dié tuindorp uitgedeel terwyl die dorpsraad geskors is.
Augetto Graig
Augetto Graig – Tydelike sertifikate van verblyfsreg vir 138 erwe op Okahandja sal vandag aan begunstigdes, insluitend 38 polisie- en weermagbeamptes uitgedeel word, volgends die ministeriële waarnemer, mnr. Linus //Garoeb.
Hy is sowat nege maande gelede aangestel om die bestuur van die dorp oor te neem nadat die voormalige minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, die dorpsraad geskors het.
Volgens //Garoeb het die huidige minister, mnr. Erastus Uutoni, Woensdag met lede van die Okahandja-gemeenskap se grondleweringskomitee vergader en ooreengekom die oorhandigingseremonie sal vandag voortgaan.
Bronne na aan die komitee sê hulle was teen die aanvanklike oorhandiging wat Woensdag sou plaasvind, omdat die komitee geen insae in die goedkeuring van die polisie- en weermag-begunstigdes gehad het nie.
Nietemin dring //Garoeb aan die polisie- en weermaglede wat regte tot die grond sal kry, moet op ’n meesterlys geplaas word en hul name moet gepubliseer word as deel van ’n proses om besware teen die toekenning bymekaar te maak.
“Wie ook al ’n erf kry, moet steeds die wettige proses volg, en die toekenning van erwe sal geadverteer word vir enige besware,” sê hy.
Die komitee is geskep deur Uutoni en die goewerneur van die Otjozondjupastreek, mnr. James Uerikua, gedurende ’n massabyeenkoms by die dorp se Nau-Aib-stadion in Julie, om begunstigdes vir grondtoekenning te identifiseer. Uerikua sal vandag om 10:00 die sertifikate by die gemeenskapsaal aan die begunstigdes oorhandig.
Hulle het ’n meesterlys van sowat 13 000 behoeftige Okahandja-inwoners opgestel, maar onder meer aansoekers wat sedert 2008 by die munisipaliteit grond soek, is nie noodwendig daarby ingesluit nie.
Moontlike begunstigdes sluit wel dié in wat deur komiteelede uitgeken en polisieverklarings afgelê het dat hulle geen grond besit nie.
Volgens //Garoeb is baie mense tevrede met die verwikkeling, en weet hy van nog 281 erwe wat oorhandig kan word.
Hy sê die toekenningsproses moet voortgaan, omdat die mense van Okahandja dit wil hê.
“Hulle wil die beloftes sien, die papiertjie waar hulle kan sien die grond behoort aan hulle; iets waarop hulle trots kan wees,” sê hy.
Opposisiepolitici bevraagteken egter die geldigheid van die toekennings. Kandidate in volgende week se verkiesings, mnre. Charl Coetzee, Solomo Basie Tjikune en Petrus Kampaku van die Okahandja Rate Payers’ Association (ORPA), bevraagteken die tydsberekening van die toekenning en wil weet hoekom die polisie- en weermaglede – as staatsbeamptes met behuisingstoelae – begunstigdes is.
Hulle wil ook weet hoekom die toekenning aanvanklik in die geheim sou plaasvind.
“Dit gaan oor die wil van die mense,” sê Coetzee, wat aandring dat die gebrek aan ’n dorpsraad die inwoners se reg tot eie verteenwoordiging ondermyn.
Volgens hom kry iemand iets onwettig uit die proses, óf die regerende party verwerp deursigtigheid om vir oulaas die dorp uit te buit en die dorp onbeheerbaar en onregeerbaar vir enige nuwe raad te los.
Die Republican Party (RP) se Henk Mudge sê nóg mnr. //Garoeb, nóg minister Uutoni het die reg om grond op Okahandja uit te deel. Hy noem die toekenning onwettig en teen die Plaaslike Owerheidswet nommer 23 van 1992.
“Wat nou gebeur, is onwettig en nie net mnr. //Garoeb nie, maar ook die minister, moet onmiddellik ontslaan en van korrupsie aangekla word,” skryf Mudge gister in ’n verklaring.
Die RP verwerp die grondtoekenning en sê dit is onwettig, korrup, onreëlmatig en disrespekvol teenoor inwoners van Okahandja. Mudge doen ’n beroep op inwoners om vir hul regte op te staan.
Met eise vir dokumentasie wat bewys die munisipale bestuurskomitee het die proses aanbeveel, die dorpsraad het dit goedgekeur en presies wie die polisie- en militêre begunstigdes is, versoek Mudge die onmiddellike skorsing van //Garoeb en Uutoni.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.37 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.81/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 829.40/T UP 0.3% | Brent Crude Oil US$ 87.15/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 935.71/OZ DOWN -0.0046 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.37 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.81/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 829.40/T UP 0.3% | Brent Crude Oil US$ 87.15/BBP DOWN -0.0064 | Platinum US$ 935.71/OZ DOWN -0.0046