Omkeerpunt vir Meatco

Groot spronge op herstelpad gemaak

25 June 2019 | Landbou
Elvira Hattingh - Meatco het die afgelope boekjaar sy totale verliese met N$33 miljoen gesny en het boonop daarin geslaag om sy gemiddelde produsenteprys met 9,88% te verhoog en altesaam 7 390 méér beeste as verwag te slag.

Die vleisverwerker sê hy is ook van plan om volgende jaar gelyk te breek en daarná winsgewend te wees.

Dit ná die vleisverwerker se verliese in die 2017-’18-boekjaar op N$51 miljoen gestaan het en nou tot N$18 miljoen verminder is.

Dié nuus kom nadat Meatco Vrydag sy jaarvergadering gehad het waartydens hy terugvoering moes gee oor hoe sy omkeerstrategie vaar, wat in Februarie 2018 deur die Meatco-raad goedgekeur is.

Meatco sê sy bestuur het tydens die afgelope boekjaar daarin geslaag om administratiewe koste met 12% jaar-op-jaar te verminder, wat tot ‘n besparing van N$33 miljoen gelei het. ‘n Organisatoriese herstrukturering en blokverslagting het daartoe gelei dat nog N$40 miljoen op salarisrekeninge bespaar kon word.

Boonop is Meatco se siklus vir kontantomskakeling van 130 dae teen die einde van Augustus 2018 tot 74 dae in Januarie 2019 verminder.

GETAL BEESTE GEE DEURSLAG

Meatco sê in sy jongste jaarverslag hy het in die afgelope boekjaar 62 086 beeste geslag wat hul oorsprong suid van die veterinêre kordonheining het, terwyl sowat 1 521 beeste noord van dié heining geslag is.

Sowat 19 202 van dié beeste het uit Meatco se eie voerkrale gekom, terwyl produsente suid van die kordonheining sowat 40 366 beeste vir verslagting gelewer het – wat 7 390 méér is as wat verwag is.

“In die huidige boekjaar is verwag die neiging, waarin Meatco voortdurend al minder beeste vir verslagting van produsente ontvang, sou daartoe lei dat net 55 000 beeste deur die vleisverwerker geslag word. Dit sou tot ‘n totale inkomste van N$827 miljoen en ‘n netto verlies N$185 miljoen gelei het.

“Hierdie was dus ‘n groot omkeerpunt vir Meatco as ‘n finansieel volhoubare besigheid,” lui die verslag.

“Die gemiddelde produsenteprys het met 9,88% verhoog van N$37,64/kg in die 2017-’18-boekjaar tot N$41,36/kg in 2018-19.

“Dit was 4,34% hoër as die Suid-Afrikaanse prys. Uitgedruk as ‘n persentasie het Meatco 61,14% van sy totale omset aan produsente uitbetaal. Dit is ‘n verhoging van altesaam 7,94%,” lui die verslag.

OKAPUKA ‘N LEWENSLYN

In die verslag word aangedui daar is sedert die 1996-’97-boekjaar algaande al minder beeste aan Meatco gelewer.

Meatco sê sedert dit die Okapuka-voerkraal begin het, is voortdurend bevraagteken of Meatco ‘n voerkraal, as deel van sy verskaffingskanaal, behoort te hê.

“Die feite was dat indien Meatco nie die voerkraal begin het nie, sou die vermindering in beeste wat vir verslagting gelewer word, op 4,48% gestaan het. Danksy die voerkraal kon die daling op 2,65% oor die afgelope 19 jaar gehou word,” lui die verslag.

Oor die afgelope 23 jaar het die aantal veldbeeste wat aan Meatco gelewer word, drasties afgeneem. In die 2005-’06-boekjaar het Meatco 89,2% van sy deurset direk van produsente verhaal. In die afgelope boekjaar het dié getal op 65% gestaan.

In haar voorsittersrede het die Meatco-raadslid dr. Martha Namundjebo-Tilahun gesê hoewel die Meatco-groep vanjaar steeds ‘n verlies getoon het, is ‘n drastiese ommeswaai in vergelyking met hul situasie ‘n jaar vantevore teweeggebring.

“Soos ons op die herstelpad vorder, is die strategie om in die volgende boekjaar gelyk te breek en daarna ons reserwes te begin opbou. Ons is deur die ergste . . .” het Namundjebo-Tilahun gesê en bygevoeg Meatco sal in sy volgende boekjaar hul vyfjaar- strategiese plan begin toepas.

Soortgelyk

 

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

8 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

8 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

8 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

8 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...

Buitelandse mediese studente: Eksamen nietig verklaar

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die jongste pre-internskapevaluering van 297 studente wat medies in die buiteland studeer het, is nietig verklaar. Die evaluering is op 27 September...

Passasiers gestrand ná Frankfurt-botsing

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Dit is in hierdie stadium nie bekend wanneer Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt in Duitsland en Windhoek sal hervat nie.Dit volg...

Die kwaliteit van verkiesings

8 ure gelede | Politiek

Christie Keulder – Gereëlde vry en regverdige verkiesings is die rugraat van enige demokrasie.Die kwaliteit van verkiesings is daarom onontbeerlik vir die konsolidering van nuwe...

VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

8 ure gelede | Politiek

Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Sny die uitspattige salarisse van openbare ondernemings (SOE’s) se direksie, uitvoerende...