Omgewingstrust hou Torra se strande skoon

04 December 2018 | Omgewing
Yandi du Plessis - 'n Skoonmaakveldtog is byna 'n halfeeu gelede op Torrabaai van stapel gestuur om dié gewilde bestemming vir vakansiegangers spiekeries te hou.

Torrabaai lok al sedert 1957 vakansiegangers. Aanvanklik was dit ‘n uitspanplek vir boere van Kamanjab, Welwitschia (Khorixas) en Outjo. Deesdae is dit ‘n gewilde vakansiebestemming vir reisigers van oraloor Namibië en Suid-Afrika.

Toegang word slegs deur ‘n permit van die ministerie van die omgewing en toerisme verkry.

In 1969 het ‘n klein groep vrywilligers begin om Torrabaai se hengelgebied voor die vakansieseisoen op eie koste skoon te maak.

Dít het intussen ‘n jaarlikse tradisie geword. Van die rommel word deur vakansiegangers gestrooi, maar die meeste rommel is van bote afkomstig.

Namibia Environmental Action Trust (Neat), ‘n niewinsgewende organisasie, is in 2002 op die been gebring en word deur vrywilligers bedryf. Sedertdien vind die jaarlikse skoonmaakveldtog onder leiding van dié organisasie plaas.

Sonder die ministerie van die omgewing en toerisme en Namibia Wildlife Resorts (NWR) sou dít nie moontlik wees nie.

Neat verwelkom die verbod op plastieksakke in parke, wat onlangs geïmplementeer is, en hoop dit sal hul taak in die toekoms vergemaklik.

Soortgelyk

 

Mense uit 33 lande onder 157 rampslagoffers

3 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - Sover bekend was daar nie enige Namibiërs op rampvlug ET302 van Ethiopian Airlines nie.Familielede wat passasiers van die Ethiopiese lugdiens se vlug...

Ethiopiese vliegtuig met 157 aan boord stort neer

5 ure gelede | Ongelukke

‘n Boeing 737 van Ethiopian Airlines het vanoggend onderwegvanaf Addis Ababa na Nairobi in Kenia neergestort.Die Ethiopiese eerste minister, Abiy Ahmed, het in ‘n verklaring...

braai en wen groot met . . .

1 dag gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor voorspel sonnige en baie warm weer vir vandag in die verre weste en suidweste van die land, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk...

Geingob: Gelukkig Vrouedag, vroue

2 dae gelede | Regering

President Hage Geingob sê hy erken die dapper pogings van vroue om beter gemeenskappe te skep en tot die voorspoed van die mensdom by te...

Verkrygingsraad presteer

2 dae gelede | Regering

Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se raadsvoorsitter, mnr. Patrick Swartz, en administratiewe hoof, me. Lischen Ramakhutla, het vanoggend lig gewerp op uitdagings wat die...

Namibië topbestemming by ITB

2 dae gelede | Toerisme

Namibië is gisteraand as beste safari en wildbestemming by die Internasionale Toerismeskou in Berlyn (ITB) in Duitsland aangewys.Die minister van die omgewing en toerisme, mnr....

Wet slaan toe op wapenlisensies

2 dae gelede | Ministeries

Denver Kisting – Op die oomblik hoef iemand wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, nie bewys te lewer dat hulle in staat is om ’n...

Water: Verligting ná hemelhoë rekeninge

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh - Windhoekers wat vandeesmaand uitsonderlike hoë waterrekeninge ontvang het, kan ‘n sug van verligting slaak omdat die droogtetarief vir huishoudings net tot Januarie...

Kalender 8 Maart

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember...