Omgewingsministerie verwelkom plastiekheffings

Winkelgroepe sal herevalueer

14 August 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg



Die ministerie van die ­omgewing en toerisme verwelkom nuwe omgewingsheffings soos onder meer op plastieksakke, wat op 2 Augustus in die Staatskoerant gepubliseer is.

“Hierdie heffings beteken die gebruik van plastieksakke sal ­verminder en meer fondse sal vir die bestuur van die omgewing ­beskikbaar wees,” het die woord­voerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gesê.

Die inkomste uit omgewings­heffings gaan na die Omgewings­beleggingsfonds (EIF), wat dit in verbeterde afvalbestuur sal herbelê.

Die omgewingsheffings behels nie net 50c per plastieksak nie, maar ook verskillende heffings op onder meer uitlaatgasse van voertuie, buite­bande en gloeilampe. Die implementering van die ­omgewingsheffings val onder die doeane- en aksynswet, wat deur die ministerie van finansies geadministreer word.

Die woordvoerder van die ministerie van finansies, mnr. Tonateni ­Shidhudhu, het gesê hoewel die omgewingsheffings in die Staatskoerant gepubliseer is, moet wysigings aan die doeane- en aksynswet eers in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê word waarná dit van krag sal wees.

Wat die heffings op plastieksakke betref, is handelaars dan genoodsaak om 50c per sak aan die EIF te betaal.

“As handelaars egter meer as 50c per plastieksak van kliënte wil vra, het ons geen beheer daaroor nie,” het Shidhudhu gesê.



VERSKEIE PROJEKTE

Volgens hom beperk die wet nie ­handelaars om meer as die plastiek­sakheffing te vra nie.

Die ministerie van finansies het gesê Pupkewitz Megabuild en Kaap Agri Namibia se plastieksakheffings met hul Break-Free-From Plastic-veldtog alleen het sedert Desember verlede jaar N$60 000 vir die EIF beteken.

Verskeie winkelgroepe en handelaars se woordvoerders het aan Republikein gesê hulle dra hul inkomste uit plastieksakke aan ander maat­skaplik-verantwoordelike projekte oor, wat onder meer ­gemeenskappe, kinders, skole en ouetehuise, skoonmaakveldtogte, groen projekte soos herwinning, natuurbewaring, die bevordering van toerisme, sport en gesondheid soos byvoorbeeld die Kankervereniging van Namibië, ­ondersteun.

Party winkelgroepe bevraagteken of die omgewingsheffings landswyd aangewend gaan word, of net in sekere gebiede. Ander het gesê dit hang af van wat presies in die wet gewysig word en daarná sal hulle dit herevalueer sodra dit van krag word.

[email protected]

Soortgelyk

 

8 beeste, 5 elande en 5 buffels vir Heldedag...

3 ure gelede | Gebeure

Otjiwarongo skud sy vere reg vir die viering van Heldedag Maandag en om die verwagte 10 000 besoekers te voed, word agt beeste, vyf elande...

Polisie skiet 'ietermagôsmokkelaar' in die voet

3 ure gelede | Misdaad

'n Man (34) wat 'n lewende ietermagô op Omaruru wou smokkel, lê nou in die hospitaal. Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die...

Drama met bultrugwalvis

15 ure gelede | In beeld

Pogings om ’n volwasse bultrugwalvis wat by Onafhanklikheidstrand by Walvisbaai gestrand het, terug in die see te stoot, was onsuksesvol. Volgens me. Dorothy Fourie van...

Imalwa sê oor GIPF-appel

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die oudvakbondleier en hedendaagse politikus mnr. Evilastus Kaaronda sê hulle oorweeg steeds regstappe teen die aanklaer-generaal, me. Martha Imwalwa, oor die regering...

Mynbestuurder oor oortyd gedreig

15 ure gelede | Misdaad

face="Verdana" >Otis Finck op Swakopmund - ’n Bestuurder van Swakop Uranium, wat die Husab-myn besit, se lewe is weens ‘n oortydbetalingkwessie in gevaar.Mnr. Timo Ipangwela,...

Namibië en Rwanda verstewig bande

15 ure gelede | Ministeries

Pres. Hage Geingob het die hoop uitgespreek dat die Rwandese president, mnr. Paul Kagame, se staatsbesoek aan Namibië vandeesweek stukrag aan die verstewiging van die...

Weer vir 22 Augustus 2019

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal dié week tot in die naweek oor die kusgebiede heers. BINNELAND: Sonnig en baie warm. Winderige toestande sal voortduur. KUS: Sonnig en...

Reënbooghare vir siek kinders

15 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - ’n Twaalfjarige van die hoofstad met ’n groot hart het groot planne om geld vir liefdadigheid in te samel. Lelita Esterhuizen (12)...

Twee keer lewenslank vir vrouemoordenaar

15 ure gelede | Howe

Die man wat in Januarie 2016 twee vroue vermoor en hul liggame op die stortingsterrein wes van die westelike verbypad in die hoofstad verbrand het,...