Omgewingsimpakstudies vir donkieslagpale op Outjo
Omgewingsimpakstudies vir donkieslagpale op Outjo

Omgewingsimpakstudies vir donkieslagpale op Outjo

Tanja Bause
Tanja Bause - Fu Hai Trading Enterprises, ’n buitelandse maatskappy wat in Namibië geregistreer is, beplan om 'n slagpale vir donkies en beeste in Outjo op te rig.

Die diere sal vir die plaaslike mark en vir uitvoer na China geslag word.

Die slagpale sal twee kilometer wes van die dorp opgerig word op grond wat deur die munisipaliteit beskikbaar gestel is.

Dit is egter onderhewig aan goedkeuring.

Volgens ’n verklaring wat deur Quivertree Consulting uitgereik is, wat vir die omgewingsimpakstudie verantwoordelik is, sal die konstruksie en verwerking van die vleis en velle aan streng uitvoerstandaarde voldoen.

Goedkeuring moet verkry word vir onder meer die registrasie van die slagpale by die Vleisraad van Namibië, die vestiging van veeartseny-protokol tussen Namibië en China, asook uitvoer-protokol van die ministerie van landbou, water en bosbou en veeartsenydienste.

Dit sluit ook die toestemming van die departement van watersake, die ministerie van die omgewing en toerisme en die Chinese veeartseny-owerhede in.

Burmeister en Vennote Pty Ltd is aangestel om die geriewe te ontwerp. Die welsyn van die diere, sowel as higiëne-aspekte sal deur Food Chain Solutions Namibia bepaal word.

Volgens die verklaring het die munisipaliteit reeds die grond ontbos en skoongemaak.

Tans is daar geen aansluitings vir krag, water of riool na die plot toe nie. Die geriewe sal 120 000 liter water per dag benodig wanneer dit operasioneel is. Water sal deur die ontginning van boorgatwater deur die munisipaliteit voorsien word, terwyl dit voorts ook vir die infrastruktuur verantwoordelik is.

Alle afvalwater sal behandel word, voor dit na ’n afsonderlike verwerkingsfasiliteit gepomp sal word.

Dit sal uit 'n reeks uitgevoerde damme bestaan wat sowat 500 meter van die slagpale af geleë sal wees. Die voorgestelde ligging van dié damme sal binnekort bekend gemaak word.

Alle soliede afval sal in verseëlde houers geplaas word, voordat dit na die munisipale asgate geneem sal word. Organiese afval en bloed sal by omliggende plase in kompos omskep word.

Omdat 62% van alle donkies in Namibië in die noordelike streke van Ohangwena, Omusati, Oshikoto en Oshana voorkom, sal die diere na ’n plaas vervoer word waar hulle aangehou sal word, tot hulle na die slagpale vervoer sal word.

Net donkies en beeste uit Namibië sal hier geslag word. Wanneer die slagpale operasioneel is, sal dit daagliks 70 donkies of 100 beeste kan slag.

Die bevrore vleis en velle sal in koelkamers gestoor word, totdat dit na Walvisbaai se hawe vervoer sal word om uitgevoer te word.

Meeste van die vleis, bene, afval en vleisreste sal verpak, gevries en plaaslik verkoop word. Afgekeurde vleis sal by ’n goedgekeurde plek by die Outjo-asgate van die hand gesit word.

Kwessies wat geïdentifiseer is, is onder meer afval, en grondwater- en lugbesoedeling.

Organiese afval kan mis, afgekeurde vleis en bloed insluit. Dit kan ’n omgewingsprobleem word, sou dit nie reg hanteer word en van die hand gesit word nie.

Die bestuur van die komposverwerking op nabygeleë plase kan voorts ook die omgewing beïnvloed.

Grondwaterbesoedeling kan voorkom tydens die konstruksiefase en sodra die slagpale operasioneel is.

Die behandeling van die organiese afval en die begrawing van bloed kan ook tot die besoedeling van grondwater en grond lei.

Reuke kan ook afkomstig wees van die slagpale, die afvalwaterdamme en ook die gebiede waar die diere aangehou word. Visueel sal die slagpale en damme die huidige boslandskap verander.

Mense wat deur die voorgestelde ontwikkeling geraak gaan word, kan insette vir of teen die beplande slagpale lewer. Dié mense moet registreer as ’n belanghebbende of geraakte party en hul versoek aan me. Svenja Garrad by Quivertree Consulting, Posbus 1068, Swakopmund of na [email protected] stuur. Sy kan ook by 081 337 3943 geskakel word.

Die sluitingsdatum vir kommentaar en insette is 31 Augustus. ’n Opedag vir die gemeenskap word vir die middel van September beplan, sodra die bevindinge van die studie voltooi is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.86/OZ DOWN -0.0054 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 800.30/T DOWN -1.19% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 910.87/OZ DOWN -0.0109 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.86/OZ DOWN -0.0054 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 800.30/T DOWN -1.19% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 910.87/OZ DOWN -0.0109