Omgeeprojek verhelder Paasfees

Vrywilligers gesoek

01 April 2021 | Gemeenskap
Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund

Vir baie Namibiërs bied die komende Paasnaweek tyd om saam met familie deur te bring en ’n Paasete saam te geniet.

Daar is egter ook baie mense wat nie dié voorreg sal hê nie.

Die Care For The Needy-projek wil hand bysit en die Paasnaweek vir minderbevoorregtes ophelder.

Mee. Sushmita Khachas en Melissa Geinus het in 2019 die projek begin toe hulle as vrywilligers by Anne’s Angels-sopkombuis uitgehelp het.

“Ons het net gevoel ons moet aan ons gemeenskap teruggee,” het Khachas gesê.

Hoewel die projek se vorige uitreike na die sopkombuis ongeveer 50 kinders gelok het, glo Khachas daar sal hierdie keer ongeveer 150 kinders opdaag.

“Dus is daar dringend vrywilligers nodig om al 150 kinders te voed. Behalwe vir die kosmaak, gaan ons ook klere en geskenkpakkies vir die kinders uitdeel,” het sy bygevoeg.

Die Care For The Needy-projek vra ook van die publiek om tweedehandse klere of speelgoed te skenk.

Volgens Khachas het haar liefde vir liefdadigheid by haar ma begin.

“Ek is eintlik maar net so grootgemaak. My ma het my geleer jy moet gee wat jy kan.”

Khachas is vas oortuig dat sy deur liefdadigheidswerk kinders kan help uit ’n situasie waarin sy haarself as jong meisie bevind het.

“Ek het ook in Mondesa grootgeword, so ek weet wat dit is en ek weet baie van hierdie kinders lewe saam met ouers wat alkoholiste is of ouers wat hulle afskeep. As ek net ’n klein verskil kan maak, is dit reg met my.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Nog 286 ingeënt, 88 nuwe gevalle, drie sterftes

9 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftes skuif met drie - al drie in Windhoek - op tot 523, 88 nuwe gevalle is aangemeld en nog 286 mense is...

Blitstoetse vir reisigers word nou aanvaar

13 ure gelede | Toerisme

Negatiewe blitstoetse vir reisigers word nou by grense aanvaar, het die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, vanmiddag aangekondig. “Negatiewe blitstoetse vir inkomende reisigers sal by grensposte...

Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder...

13 ure gelede | Gesondheid

*Die aantal persone wat 'n openbare byeenkoms bywoon, verhoog van 50 tot 100 persone per geleentheid of dit binne- of buitemuurs is. *Organiseerders moet 'n...

Entstowwe van Covax binne drie weke verwag

14 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê volgens Covax sal Namibië in die volgende drie weke die land se beloofde entstowwe...

Unicef: Kinders se lewe het nie verbeter

19 ure gelede | Skole

Namibië is een van baie Afrikalande waar kinders se lewens ten spyte van ekonomiese groei nie verbeter het nie. Dit volgens Unicef se verteenwoordiger in...

Een persoon ontwikkel matige simptome ná Sinopharm-entstof

20 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, sê net een persoon uit die meer as 800 wat met die Sinopharm-entstof teen Covid-19 ingeënt is, het...

Geen borg vir ‘tref-en-trap-lorriedrywer’

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die vragmotorbestuurder wat glo Sondagaand ’n voetganger langs die B2-hoofpad by Okahandja doodgery en weggejaag het, bly in aanhouding. Mnr. Efraim...

Weer vir Woensdag 31 Maart

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal oor die kusgebiede voortduur. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suidweste en die noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en...

Komsberg, juweel in Namibië se landboukroon

1 dag gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer – “Ons wil nie die grootste plaas in Namibië wees nie, maar ons streef daarna om die beste plaas te wees en die...