Reddingsplan vir Omeya se inwoners
Reddingsplan vir Omeya se inwoners

Reddingsplan vir Omeya se inwoners

Die reddingsplan is meer ten gunste van die bank as die huiseienaars, meen inwoners.
Augetto Graig
Augetto Graig – Bank Windhoek se afgevaardigdes het gisteraand huiseienaars op Omeya probeer oortuig om hul steun te gee aan ’n reddingsplan vir die luukse gholflandgoed net buite die hoofstad.

By ’n vroeër vergadering Maandag het 78 huiseienaars die plan verwerp. Die sentrale kwelpunt is die gebruik van heffings teen huiseienaars om skuld te delg.

Dit volg alles nadat ’n komplekse verdeling van verantwoordelikhede en ’n reeks troebel binneooreenkomste deur die ineenstorting van die huismark só kwesbaar gemaak is dat die ­Omeya-huiseienaarsvereniging (Ohoa) laat verlede jaar die howe genader het om die onderneming te likwideer en die grootste skuldeiser, Bank Windhoek, ingetree het om die likwidasie stop te sit.

Bank Windhoek en Omeya se ontwikkelaar het ’n tydelike skikkingooreenkoms bereik om laasgenoemde onder geregtelike bestuur te plaas, eerder as om dit te likwideer. Die ontwikkelaarsmaatskappy is Omeya Gholf- en Residensiële Oase (Ogro).

Ogro was toe reeds in die rooi by twee van sy grootste skuldeisers, naamlik Bank Windhoek asook FNB Namibia, aan wie dit onderskeidelik sowat N$133 miljoen en N$12 miljoen skuld.

Ogro het gesê dit kan nie sy maandelikse terugbetalings van onderskeidelik N$900 000 en N$75 000 aan dié banke nakom nie. Hierbenewens moet dit nog ’n maandelikse geldelike bystand van sowat N$660 000 aan sy verskeie filiale verleen. Van Ogro se filiaalmaatskappye sluit in die ­Omeya-eiendomsagentskap, ’n private skool, Lilamed wat die ­bedrywighede van die aftree- en ­sorgsentrum bestuur, die Omeya ­Ontwikkelingstrust (OIC), ’n infrastruktuurmaatskappy, ’n aftree- en ­sorgsentrum, asook ’n inwoners­vereniging.

As deel van die skikking was Ogro onder voorlopige geregtelike bestuur geplaas en mnr. Alwyn van Straten van Executrust het reeds vroeër vanjaar sy verslag by die meester se kantoor ingedien. Hierin het Van Straten die raaisel blootgelê en bevraagteken die wetlikheid van sekere transaksies en kernooreenkomste, soos die bestuursooreenkoms tussen Ohoa en Ogro.

Nietemin is laasgenoemde ooreenkoms steeds ’n belangrike deel van die voorgestelde reddingsplan van mnr. Daniel Terblanche en sy mede-Suid-Afrikaanse raadslede, aangestel na die Ogro-raad deur Bank Windhoek.

Terblanche sê die regering se pensioenfonds (GIPF) se Namibië Infrastruktuur Ontwikkelingsfonds (NIF) is gewillig om nog N$65 miljoen te bestee benewens die vorige N$38 miljoen belegging waarvoor NIF 49% van OIC verkry het. Die OIC het ontstaan uit die bestuursooreenkoms tussen Ohoa en Ogro en die plan is dat NIF die maatskappy in geheel oorneem.

By hul vorige vergadering het die huiseienaars geëis dat hul verkose direkteure tot Ogro weer aangestel word, dat Bank Windhoek en Ogro die onafhanklikheid van Ohoa bevestig en dat die bank met hulle onderhandel oor die toekoms van Omeya.

“Indien Bank Windhoek voortgaan met die uitvoering van hierdie ‘Plan’, sal die huiseienaars geen ander opsie hê nie as om hul bankrekeninge, beleggings en debietorders by Bank Windhoek te onttrek, die media te nader, heffings te weerhou en massaprotesgeleenthede te reël,” lees hul klagskrif.

Bank Windhoek het alle vrae na Terblanche verwys, wat aan Republikein gesê het hy sal eers vandag terugvoering kan gee. Sonder oplossing sal die saak weer op 4 Februarie weer in die hoërhof draai.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!