'Omdat ek baie lief vir haar is'

Die feit dat sy eie droom vir nagraadse studies dalk nie 'n werklikheid sal word nie, het 'n Tsumeb-seun nie gekeer om sy downsindroom-sussie 'n geleentheid te gun wat sy andersins nie sou hê nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



“Ek het dit gedoen, want ek het besef sy sal nooit die kans hê om na 'n matriekafskeid te gaan nie. En omdat ek baie lief vir haar is.”

Só gesels 'n matriekseun van Tsumeb Gimnasium, Heinrich Brandt, wat 'n droom vir sy sussie, wat downsindroom het, bewaarheid het toe hy haar as metgesel na sy matriekafskeid geneem het en hierdeur vele harte op sosiale media gesteel het.

Heinrich sê sy 17-jarige sussie, Riana, was baie opgewonde toe sy hoor hy gaan haar saamneem.

Die gemeenskap het saamgespan om dit vir haar 'n wonderlike ervaring te maak. 'n Pragtige aandrok is gratis vir Riana gemaak en haar grimering en hare is ook spesiaal vir die geleentheid gedoen.

“Sy het saam met my ingegaan, ons het saam geëet en ek het met haar gedans,” het Heinrich verder vertel.



LANDBOUDROME

Heinrich en Riana is twee van Wilna en Riaan Brandt se drie kinders.

Wilna sê toe Heinrich aanvanklik vir hulle gesê het hy gaan Riana saamneem matriekafskeid toe, het sy gedink hy maak 'n grap.

“Dit was eers toe hy dit 'n maand later wéér sê, dat ons besef het hy is ernstig.

“Ons sê dankie vir die Here en vir die mense wat gehelp het om die geleentheid oor haar pad te bring. Ons is trots op ons kinders,” het Wilna gesê.

Sy vertel Heinrich hoop om volgende jaar landbou aan die Universiteit van Namibië (Unam) te studeer ná hy vanjaar die twee Ben Mouton-trofeë vir uitsonderlike prestasie in landbouvakke by sy skool ontvang het.

Wilna sê hoewel hulle hom baie graag met dié droom wil help, beskik hulle tans nie oor die nodige geld om hom universiteit toe te stuur nie, en kon hulle nog nie 'n beurs vir hom kry nie.

Heinrich sê egter dat hy andersins werk in 'n landbourigting sal wil kry met die oog op indiensopleiding.



GEBAAR VERRAS NIE

Mnr. Wouter Niehaus, Tsumeb Gimnasium se uitvoerende hoof, sê Heinrich is so 'n ongelooflike jongman dat sy mooi gebaar geen verrassing was nie.

“Buiten die twee Ben Mouton-trofeë, het die skool vir hom 'n derde trofee gegee as iemand wat uit sy pad gaan om ander te help.

“Hy is 'n absolute nederige mens – ek het hom nog nooit hoor grootpraat of enigsins sonder respek teenoor 'n ander kind of onderwyser sien optree nie.

“Hy is soos die Bybel dit voorskryf: 'n kind wat nie noodwendig iets hoef te sê nie, maar werklik Jesus se liefde uitleef,” het Niehaus gesê.



'RESPEK'

Op Facebook is foto's van Heinrich wat met Riana aan sy sy by die matriekafskeid aankom, wyd en syd gedeel en dit het baie kommentaar uitgelok.

“Jy het my respek, jongman! Sjoe, ek het sommer 'n knop in my keel. . .” en “Wow! Ouboet, jy is awesome. Kan my net indink hoeveel dit vir haar beteken het,” skryf Marie Venter en Zanilee Thierauch.

Hendrien Nel sê: “Wow! Jy is 'n man duisend. 'n Seun, boeta en vriend om regtig trots op te wees.”

“Ek haal my hoed af vir hom, hy is só trots op haar. Sy lyk pragtig - alle eer aan hulle!” skryf Herculaas Potgieter.

“Soms wonder ek: Wat is liefde? En hier kom die antwoord vandag so duidelik: 'n Onbaatsugtige lewe. Dankie seun - ek ken jou nie - dat jy Jesus vir my vandag gewys het,” skryf Drika Steyn Kruger.

Sarika Jonker Engelbrecht skryf: “Knop in die keel oomblik gewees Vrydagaand - jy het my respek Heinrich. Jy is 'n voorbeeld vir elke jong man – mag goedheid en guns jou volg al die dae van jou lewe!”

“Ek salueer jou Heinrich!” het Susan van Straten geskryf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!