Ombudsman open tak op Otjiwarongo

NAMPA
Die kantoor van die ombudsman het verlede Vrydag ’n satellietkantoor op Otjiwarongo in die Otjozondjupastreek geopen.

Dít om sy dienste nader aan dié streek se inwoners te bring.

Die geleentheid is deur die ombudsman, adv. John Walters, en senior beamptes van sy kantoor bygewoon.

Die amptelike opening is deur die permanente sekretaris in die ministerie van justisie, mnr. Issaskar Ndjoze, waargeneem.

Volgens Ndjoze is die primêre pligte van sy kantoor om klagtes met betrekking tot dienslewering aan inwoners teen enige regeringsinstelling of ministerie te ondersoek.

Klagtes wat verband hou met die skending van menseregte en inwoners se vryhede sal ondersoek word en die nodige stappe sal gedoen word.

“Ander vorme van wanadministrasie in regeringskantore kan ook deur hierdie kantoor ondersoek word,” het Ndjoze gesê.

Hy het beklemtoon die ombudsman se kantoor moet onafhanklik en onpartydig wees en sy pligte moet nougeset en sonder vrees, guns of vooroordeel uitgevoer word.

Die ministerie het ook ’n mandaat om finansiële en menslike hulpbronne aan die kantoor van die ombudsman te verskaf.

Tans het die ombudsman ’n kantoor op Otjiwarongo, Ongwediva, Keetmanshoop, Swakopmund en in Windhoek.

Die goewerneur van die Otjozondupastreek, mnr. Otto Ipinge, het die hoop uitgespreek dat die kantoor ten volle deur inwoners, politici en beamptes gebruik sal word.

“Ons verwelkom die kantoor as ’n waghond in ons streek teen praktyke van wanadministrasie, menseregteskendings, korrupsie asook die beskerming van die omgewing,” het Ipinge gesê.

Die dorp se burgemeester, mnr. Bennes Haimbondi, het beklemtoon inwoners moenie genoodsaak wees om lang afstande na Windhoek af te lê om klagtes in te dien nie.

Die kantoor is in die kantoorkompleks van die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur geleë.

Volgens Walters sal oorweging geskenk word daaraan om nog takke in ander dele van die land te open wanneer geld hiervoor beskikbaar is. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!