Omatakodam kry goeie invloei
Francoise Steynberg
Die Omatakodam het binne twee dae 20,4% voller geraak en staan nou op 51,9% van sy volle kapasiteit.
Die dam was Maandag op 31,5% en het sedertdien 'n invloei van 51 m³ water per sekonde gehad nadat goeie reën oor die omgewing uitgesak het.
Volgens gister se dambulletin van NamWater staan die Hardapdam reeds weer op 74,1% nadat die sluise Maandag oopgemaak is toe dit 68% vol was. Dié dam by Mariental se invloei was gister steeds 114 m³ water per sekonde nadat dit Dinsdag 'n invloei van 198 m³ water per sekonde gehad het.
Sedert die vloed van 2006, toe Mariental oorstroom het, is daar ooreengekom dat die dam om veiligheidsredes nooit voller as 70% sal wees nie. Volgens NamWater word dit oorweeg om die sluise weer oop te maak, maar die situasie word gemonitor. Geen reënval het die afgelope 24 uur voorgekom nie en geen nuwe vloede is gerapporteer nie.
Al die damme in die Suide het goeie invloei gehad.
Die Oanobdam by Rehoboth het tans 'n invloei van 44 m³ water per sekonde en staan nou op 72,9% teenoor Maandag se 71,9%.
Die Dreihukdam het Maandag op 3,2% gestaan en Dinsdag 'n invloei van 49 m³ water per sekonde gehad.
Sy vlak is nou 29% van sy volle kapasiteit. Ook in die Suide was die Bondelsdam se vlak Maandag 11,3% en sy stand gister was 19,2%.
Die Nautedam by Keetmanshoop het onveranderd gebly en dit is steeds 94,6% vol.
In die omgewing van Okahandja staan die Von Bachdam se vlak nou op 42,9% en is dit net 0,1% voller as Maandag.
Die Swakoppoortdam het sedert Maandag net 1% water bygekry en meet nou 12,2%.
Wat reënvooruitsigte betref, voorspel die weerkantoor vir vandag geïsoleerde donderbuie in die Kavango-, Zambezi- en dele van die Omahekestreek.
Dit sal mooiweer en baie warm in die suidwestelike helfte van die land en die verre Noordweste wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie