Omaruru kies koers na ombudsman
Omaruru kies koers na ombudsman

Omaruru kies koers na ombudsman

Die dorp se Ozondje-woonbuurt het nie 'n waterverspreiding­stelsel nie.
Des Erasmus
Des Erasmus - Daar's lewe in die huis waar die liggie brand, maar wanneer die natuur roep, is dit emmer of bossies toe. Daar's nie water nie.

Erwe sonder water was maar 'n skrale troos toe inwoners van Oma­ruru se Ozondje-woonbuurt verlede Donderdagmiddag op 'n ordelike vergadering in die gemeen­skapsaal hul probleme met die munisipaliteit by die ombudsman bekla het.

En al kry hulle erwe, wil hulle hulle nie deur die munisipaliteit laat voor­skryf wie die eksklusiewe bouer van hul huise moet wees nie.

'n Kragnetwerk is wel na die betrokke woonplekke gebou, maar daar is nie 'n waterverspreidingstelsel nie.

Die vergadering was 'n volgende skof op die huisloses se uitgerekte verset oor hoe dorpsake deur die stadsraad bestuur word.

Die inisiatief vir die vergadering het juis van die beswaardes van die Ozondje-buurt en die informele nedersettingsektor afgekom. Dit is belê nadat betogings, optogte en petisies van die afgelope maande vrugtelose pogings was om met hul sorge tot die stadsraad deur te dring.

Die gemeenskapspoging van Ozondje het op die vergadering wel sterk steun van die Omaruru Residents Association (ORA) van die sentrale dorpsgebied gekry. Die byeenkoms is deur sowat honderd mense op die middag van 'n werksdag bygewoon. 'n Geskatte 70 was van Ozondje en sowat 30 van ORA.

Die inwonersvereniging deel in die verset teen die stadsraad, maar die verset teen die dorpsraad handel meer oor hemelhoë belastings wat gehef word, riool in strate en voortslepende waterbeperkinge op 'n dorp wat eens as 'n waterryke plek met die Omarururivier as bron bestempel is.

Die ondersoek en uitsluitsels wat die inwoners verlang, is 'n lang lys en is nie net op die munisipaliteit gerig nie, maar ook op die stadsraad self.

Die ombudsman se verteenwoordigers was net luisteraars, maar daar is wel oor die pad vorentoe besin. Alles moet op skrif gestel word en deurgestuur word. Wanneer dit eers beskikbaar is, kan hulle binne 90 dae uitsluitsel verwag. Ná die vergadering is vasgestel dat twee sodanige memorandums vir die ombudsman opgestel gaan word: een deur die klaers van Ozondje en een deur ORA met goeie samewerking wat tussen die twee instansies bestaan. Die klagtes is wel uiteenlopend.

Oor die laekostebehuising word wel aangevoer dat die munisipaliteit spesifieke erwe toeken, maar dat 'n voor­skrif dan gaan wees dat van 'n spesi­fieke bouer gebruik gemaak moet word.

Op die wande van die vergadering was daar wel beweringe van 75 erwe vir laekostebehuising wat aan een enkele aansoeker toegeken is. Nou word beweer dat spesifieke erwe wel nou aan die name van sekere mense gekoppel word, maar die bestaan van sodanige erfkopers word bevraag­teken.

Die byeenkoms het ook gevolg op 'n omsendbrief wat onder ORA-lede versprei is en wat op die doen en late van spesifieke amptenare en stadsraadslede gekonsentreer het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!