Omaheke verloor N$180 000 in vraghouerooreenkoms

Leweransier aanvaar verantwoordelikheid
07 January 2021 | Sakenuus
Mathias Haufiku – Drie lede van die Omaheke-streeksraad kan strafregtelike klagte in die gesig staar vir die goedkeuring van ’n betaling van N$185 000 aan ’n private maatskappy vir ’n vraghouer wat nooit gelewer is nie.
In Februarie 2016 het die streeksraadlede ’n maatskappy met die naam Khoisan Securiforce Trading gekontrakteer om die vraghouer te verskaf wat omskep sou word in ’n kantoor by Buitepos, 110 km oos van Gobabis.
Die lede in die spervuur is me. Maria Vaendwanawa (hoofstreeksbeampte), mnr. Chrisy van Wyk (senior administratiewe beampte) en mnr. Seth Imasiku (adjunkdirekteur van administrasie).
Hoewel die vraghouer nooit afgelewer is nie, het Van Wyk geteken dat dit ontvang is, terwyl Vaendwanawa en Imasiku die betaling hanteer het sonder dat enige verifiëring gedoen is.
Die kontrak was toegeken nadat die streek se tenderraad toegegee het dat die normale tenderproses nie gevolg hoef te word nie.
BESTUURSKOMITEE VERGADER
Inligting oor die vraghouerooreenkoms is deel van ’n voorlegging in November 2020 deur die waarnemende hoofstreeksbeampte, me. Sophia Eises, aan die raad se bestuurskomitee.
Eises het bevestig dat die bestuurskomitee in Desember oor die kwessie vergader het, maar dat sy nie weet wat die uitkoms van daardie vergadering was nie.
Volgens die voorlegging is Eises van mening dat regstappe teen Khoisan Securiforce Trading gedoen moet word en dat die drie raadslede vir hul dade verantwoordelik gehou moet word.
PRYS GLO TE HOOG
Die Namibian Sun het by twee maatskappye navraag gedoen oor pryse vir vraghouers en die omskakeling daarvan. Die kwotasies van daardie maatskappye beloop ongeveer N$29 500 vir die vraghouer en N$9 500 vir die vervoer daarvan vanaf Windhoek na Buitepos.
Dié N$39 000 sluit nie die omskakeling van die vraghouer na ’n kantoor in nie.
“Hierdie storie klop nie, want die prys is hoër as wat dit veronderstel is om te wees. Vir daardie bedrag kan jy drie omgeskakelde vraghouers Buitepos toe vervoer.
“In werklikheid het die pryse van vraghouers gedaal en dit is nie meer so duur nie,” het ’n bron by die vraghouermaatskappy gesê.
VRAGHOUEREIENAAR NEEM VERANTWOORDELIKHEID
Khoisan Securiforce Trading se eienaar, mnr. Johnny Sitore Huiseb, sê hy kon as gevolg van onderkwotering nie die vraghouer lewer nie.
“Sodra ek in die finansiële posisie is om die vraghouer te lewer, sal ek dit doen.
“Ons benodig net die geld om die vraghouer vanaf Brakwater na Buitepos te vervoer,” het hy gesê.
Volgens hom moes hy om finansiële redes die maatskappy aan nuwe eienaars oorgee wat vanaf 2017 die maatskappy bestuur.
“Ek is steeds aanspreeklik vir die vraghouerskuld en neem volle verantwoordelikheid vir die transaksie en nie die maatskappy nie,” het Huiseb gesê.
– [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
1 uur gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
17 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
17 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
17 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
17 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
17 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
17 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
17 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
17 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies