Om terug te kyk na jou jeug

26 February 2018 | Rubrieke
Estelle de Bruyn - Dit voel soos gister toe ek die chick was wat wou gaan club, wat gesê het “sleeping is for the dead”.

Ek was deel van die groep wat deurnag sou werk om ‘n program, goed geredigeer (deur myself en my dierbare vriendin Linda van Tilburg oor Chris Hani of Andries Treurnicht se dood), die volgende oggend 06:00 op die SAUK se Goeiemôre Suid-Afrika te laat uitsaai.

Ek was die girl wat in die veld met ‘n boyfriend in my evasgewaad geslaap het en sjampanje seweuur die oggend by die bottelsvol sou wegslaan.

Wat in ‘n geleende 4 X 4, wat hy vir die motorblaaie van die koerant moes toets, op ‘n onbeplande reis gaan; wat in Angola land om ‘n storie te doen, sewe dae daar gestrand sit, en weer veilig huis toe kom.

Wat met valskerms uit vliegtuie spring.

Wat met geen kosmaakervaring ‘n springbokrib ontbeen en ‘n ribrol maak.

Ek kon nie eers rys of ‘n eier kook toe ek dit probeer het nie.

Dít was die wonderlike, onbevange tyd van onverantwoordelike, onverskrokke jonkwees.

Toe alles moontlik was.

Deesdae sluit ek deure, bêre my sleutels, kyk na my bankbalans (nie aan te beveel nie, dit lei tot angsaanvalle en depressie).

Dis só ongelooflike anders. Iewers tussenin het iets gebeur wat ek gemis het.

Wat het nou eintlik tussen die twintigs en die naderende sestigs gebeur?

Die lewe.

Dis wat my kop vir my probeer verduidelik.

Terwyl ek “oorleef” het, het ek die kuns van onverantwoordelike genot en ontdekking verloor.

Ek was die vrou en ma en dogter wat almal wou hê ek moes wees . . . hoop ek.

Ek het my instinktiewe avontuurlus na nuwe ervarings op die agtergrond geskuif en “ordentlik” geleef soos van my verwag is.

Op 60 gaan ek daardie verantwoordelikheid afskud. My kinders is groot. Hulle is wonderlike, selfstandige volwassenes met hul eie lewens, bekommernisse en verantwoordelikhede. Hulle is op die regte pad.

Nou is dit my beurt om te speel.

Om weer onverantwoordelik te wees en Estelle te herontdek.

Waarheen gaan ek? Wat gaan ek leer, sien, beleef, ervaar? Wie weet?

Die tyd sal leer.

Laat ek bieg, nie al my jeugondervindings was ewe geslaagd en vol welslae nie, maar dit was lekker.

Ek sien uit daarna om weer lekker te kry.

En soos die pad my verder vat, sal ek laat weet, sal ek vertel en skryf en ervarings deel.

Daardie gelykenis in die Bybel, waar die Here die talente begrawe het, het my altyd gegooi.

As ek (kan nie onthou hoeveel sikkels silwer dit was nie, maar sê nou maar N$100 000) gegee is, sou ek dit waarskynlik aan my Old Mutual makelaar, Billy, toevertrou het om my van die beste opbrengs te verseker. Ek is nie goed met “woeker” nie.

Maar as die talent wat ek uit daardie mandjie getrek het, of opgegrawe het, dalk “kommunikeer” was . . . dan ek het die beste daarmee gedoen wat ek kon.

Soortgelyk

 

Ses sterf in grubotsing

1 uur gelede | Ongelukke

Ses mense is vanoggend in ’n kop-teen-kop-botsing vanoggend tussen Okahandja en Windhoek dood. Een van die voertuie het ná die botsing aan die brand geslaan....

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

12 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

12 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

12 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

12 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

12 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

12 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Namibiër ’n top-uitvinder

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die...