Om te wag en nog te wag
Tielman van Lill - As ek reg onthou, was dit meer as twee jaar gelede wat daar op Lüderitz aan ‘n toring gepeuter is.
Ja, peuter, want as die werk reg gedoen was, sou ‘n aantal nuwe pienkvoete nie hul opwagting in die Bucht gemaak het nie.
In die herstelproses is ‘n ongewenste pyp oopgemaak of deur ‘n ondeurdagte planmaker geïnstalleer en sedertdien moes die inwoners in een van die woonbuurte en nabye omtes demokraties verplig na dié pyp se onwelkome gefluit luister.
Ek sal eerder sê die arme inwoners is deur die onwelkome fluitery geteister as wat hulle daarna moes luister.
Diegene wat wel vir Lüderitz ken, sal weet hy het sy eie wind.
Dis wind in die oggend, wind in die dag, wind in die aand en gereeld is daar sommer wind tussenin ook.
Dus moes die toring se abnormale attensies die plaaslike inwoners tot raserny gedryf het, en wat maak jy nou met jouselwers as jy en die een wat daar naby jou is onseremonieel in die tabernakelure van die nag wreed uit jou slaap geruk word?
Nou, ek verstaan dat party mense die toring “die babamaker” gedoop het en terstond daaroor by die betrokke instansie gekla het dat hul powere vakmanskap bitter onverantwoordelik is. Of die klagtes net op dowe ore geval het, sal ek nou nie weet nie. Wat ek wel goed verstaan, is dat die klagtes vir meer as twee jaar lank op ‘n gereelde grondslag van stapel gestuur is, maar deur een of ander luigat amptenaar geïgnoreer is of terstond in die snippermandjie beland het.
Toe die berig uiteindelik in Republikein verskyn het en die verantwoordelike persoon op ‘n navraag van die koerant gereageer het, was twee jaar reeds verstreke. Liewe genade. Hoe lank kan dit vat om ‘n pyp, wat voorheen nie gefluit het of glad nie eens daar was nie, te herstel of toe te maak?
Ek kan nie presies onthou wat die kêrel se woorde was nie, maar volgens hom is dit ‘n oop pyp wat hulle tans laat herstel (nie wil herstel nie), maar dit dit sal eers middel Februarie reg wees . . .
Om ‘n oop pyp in Namibië te herstel, kan nog verskeie weke neem en dít nadat reeds meer as twee jaar by die verlede gevoeg is.
Dit bring my by vele instansies en staatsinstellings waar daar nie voete gesleep kan word nie, want die voete word te luilekker op die lessenaar geplaas, terwyl daar onophoudelik oor ‘n baie duur selfoon geklets word.
“Mietiengs” is aan die orde van die dag waar vele probleme bespreek word, maar soos in die pypfluitende toring se geval, gebeur daar elke halfuur opnuut boggherol wat vir twee jaar aanhou.
Ek dink nie ons bly in ’n “sjithoul kantrie” nie, maar ons as Namibiërs moet oppas.
As dinge bly voortsleep soos ‘n wankelrige, lamlendige tafel met drie gelapte pote, kan Namibië se status binnekort by dié beweerde en ongewenste stelling aansluit.
Die onus rus op ons om reg te maak wat verbrou is.
As ek my werk soos die pypfluitende toring se mense moet doen, sal ek lankal reeds sonder ‘n joppie gesit het. Trek daai vinger uit waar hy nie moet sit nie en verdien respek. Die lieflike Buchters van Lüderitz sal dit opreg waardeer as daai toring se fluit wel eendag uit raak.
Genadiglik het Lüderitz wel 'n paar maande elke jaar uit genade ontvang waartydens sy wind 'n lêplek kry en nie verwoed oor die landskap en see storm nie. Of wat seg ek alles, Buchters?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie