Om gay te wees, is geen keuse
Om gay te wees, is geen keuse

Om gay te wees, is geen keuse

Denver Kisting
Dat dit ’n lewensmoeë, holrug geryde gegewe is, is so waar soos wat 2018 tandekners rof was.

Maar miskien moet ons almal dit opnuut op dié Vrydag hoor: Om gay te wees, is wat my betref geen keuse nie.

Ek dink nie iemand wat reg in sy, haar of hulle kop is, sal kiés om vermoor, verkrag, aangerand, geteister, beledig, onterf, uitgejou, ontken, misken en verag te word nie.

Die laaste ruk is verskeie aktiviste hard aan die swoeg om Namibiërs te kry om wakker te skrik en die ewe lewensmoeë Ricoffy te ruik.

Op 1 Desember het ’n paar honderd van dié mense, baie in reënboogkleure getooi, deur die strate van die hoofstad geparadeer om bewusmaking te kweek oor die regte van lesbiese, gay, biseksuele en transgender (LGBT-) mense.

Ek sal ontken dat dít nie vir my professioneel en persoonlik ’n reusemylpaal was om dié geleentheid mee te maak nie.

Om daar op die trappe te staan vir ’n oomblik van doodse stilte neffens die standbeeld van die amptelik ongeïdentifiseerde soldaat, wat glo nie die stigterpresident is nie. (Het hy hoeka ’n identiese tweelingboetie?)

Om verby die ou Staatshuis te wandel, terwyl die adrenalien deur my are bruis, my hart bons van pride en vreugde en om te sien hoe my broers, susters en gender-nonconforming familie soos bruide straal.

Ondanks ons bure se progressiewe wette rondom die regte van LGBT’s laat ons situasie nog veel te wense oor.

Kom ons noem maar die ding op sy naam.

En ek wil u uitnooi om vir ’n oomblik diep asem te haal en u hoed van veroordeling opsy te sit. Probeer ten minste, sal u?

Ek het begrip daarvoor dat meer as 90% van Namibiërs beweer hulle is Christene.

Eweneens is ek terdeë bewus daarvan dat die Grondwet ondubbelsinnig is daaroor dat Namibië ’n sekulêre staat is.

Ek wil hê u, liewe leser, moet probeer om u voor te stel dat daar ’n plekkie vir álmal van ons is onder hierdie skroeiende son van ons.

Ek moet bieg ek sukkel om homofobie te verstaan.

Ek kan begryp dat ons, as stoere tropdiere, ons skaar by dít en dié wat soos ons is, soos ons lyk, soos ons klink en soos ons liefhet.

Ek verstaan dat ons almal ’n behoefte het aan behoort en aan geborge voel.

Ek het begrip daarvoor dat ons almal ’n behoefte aan ’n veilige hawe het.

Maar, en ek dink dis nogal ’n belangrike maar, hoekom pla dit ons só as ander mense anders is, lyk, klink en, spesifiek, liefhet en uiting aan daardie liefde gee?

Hoekom op aarde pla dit ons so? Wat, indien enigiets, het dit met ons te doen?

En, besef ons, dat ons groei buite ons gemaksones lê?

Dat verskeidenheid ons juis in staat stel om ons wêrelde te verruim?

Hoewel die feesseisoen ’n tyd van connection is, is dit vir baie mense ook ’n tyd van bitter eensaam wees. ’n Tyd wanneer hulle nie eens by geliefdes geborge kan voel weens hul andersheid nie.

U hoef dit nie te aanvaar nie. U, liewe leser, hoef dit nie te omarm nie.

Maar ek wil u vra om asseblief op te hou om gay mense seer te maak.

Hou asseblief u snedige aanmerkings op veral nuuswebblaaie en sosialemediaplatforms vir uself.

Bly asseblief in u baan, want, al stem u nie saam nie, weet ék, om gay te wees, is beslis geen keuse nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!