Olympia swem eers in November weer

Tanja Bause
Tanja Bause



Die munisipale swembad in Olympia sal eers in die eerste week van November weer vir die publiek oop wees.

Volgens mnr. Scheifert Shigwedha, woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, is spuitpunte vir 12 filtreerders van 'n maat­skappy in Duitsland bestel, waarop nog gewag word.

Die skoonmaak en opening van die swembad is as gevolg hiervan vertraag.

“Ons het die nuwe spuitpunte in die middel van Augustus bestel en wag nog dat hulle afgelewer word. Ons moet dit uit Duitsland bestel omdat die oorspronklike filtreerstelsel daarvandaan kom en die maatskappy geen takke in Afrika het nie. Die beraamde koste van die spuitpunte is sowat N$140 000,” het Shigwedha gesê.

Wanneer die water gefiltreer word, word dit van die swembad af na die filtreerders gepomp. Die spuitpunte is binne-in die filtreerders in die sand en spuit water deur die sand sodat enige vullis in die sand kan agterbly. Die skoon water word dan na die swembad teruggepomp.

Daar is agt filtreerders vir die klein swembad en 10 vir die grote.

Twaalf van die filtreerders se spuitpunte moet vervang word.

Die spuitpunte het 'n leeftyd van vyf jaar en moes, volgens 'n bron, verlede jaar reeds bestel word omdat hulle vanjaar vyf jaar oud is.

Die munisipale swembaddens in Olympia en Khomasdal was tydens die winter gesluit. Die Khomasdal-swembad het op 8 September weer geopen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!