Olimpiese Spele se leuse gewysig
Olimpiese Spele
Die Internasionale Olimpiese Komitee het sy leuse “Vinniger, Hoër, Sterker” gewysig en die woord “saam” bygevoeg, het dié liggaam se president, Thomas Bach, Dinsdag gesê.
Volgens hom is dit noodsaaklik om in moeilike tye, soos nou met die Covid-19-pandemie, die kollig op samewerking te plaas.
“Ons moet die leuse aanpas om dit relevant te maak vir die tye waarin ons leef,” het Bach die besluit verduidelik.
“Ons wil ’n spesiale fokus op samewerking en solidariteit plaas, want dit help nie ons werk almal in ons eie silo’s nie,” het Bach bygevoeg.
Die oorspronklike leuse, wat deur Pierre de Coubertin in die 19de eeu geskep is, het in Latyn gelui “Citius, Altius Fortius”. Die nuwe leuse is nou “Citius, Altius, Fortius – Communis”.
– Reuters
FOTO
Thomas Bach, president van die Internasionale Olimpiese Komitee, spreek Dinsdag die media toe. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie