Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas
‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag deur die trop beskadig is.
Die kabels wat beskadig is, word onder meer gebruik om bandwydte by bestaande kabelnetwerke te verhoog.
Tans is daar geen mobiele dekking in die Khorixas-, Omatjete- en Okombahe-gebiede nie. Volgens ‘n verklaring deur Telecom Namibia is ‘n netwerkspan op die toneel waar die kabels beskadig is en poog om dit so gou as moontlik te herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie