Olifant trap man dood
Mnr. Abner Petrus (46) wat Saterdag saam met sy vrou en dogter ‘n trop olifante uit hul mahangulandery probeer verjaag het, is deur ’n olifant doodgetrap.
Die woorvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het vanoggend die voorval bevestig wat in die Okatha-Kiikombo-nedersetting naby Tsandi in die Omusatistreek plaasgevind het.
Die ministerie sal later vandag ’n mediaverklaring oor die voorval uitreik. Petrus se naasbestaandes is van sy dood ingelig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie